33 bulle, 66 koeie verkoop op Hartebeestloop

Bonsmaraveiling maak weer geskiedenis
Albé Snyman -
Bonsmara-bulle, -verse en -koeie het soos soetkoek verkoop by die Hartebeestloop Bonsmara-veiling op die plaas Hartebeestloop buite Stampriet op Vrydag, 18 Mei.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van beesveilings in Suider-Afrika is al die veilingsbulle en die meeste van die bulmoeders wat aangebied is, genomies ontleed. Gaste wat die Hartebeestloop-inligtingsdag die vorige dag bygewoon het, het gevolglik presies geweet wat dit beteken, aangesien dr. Joggie Briedenhann, eienaar van Hartebeestloop, as hoofspreker by die dag die onderwerp van genomika breedvoerig bespreek het.

Die genomika-kenteken in die ­katalogus wat die bewys is dat die diere genomies ontleed is, het vir­ voornemende kopers die “Genomies Merkerverrykte Teelwaardes”, of GEBV's, aangedui wat aanvullend tot die bestaande BLUP-waardes 'n aanduiding is van hoe die bulle en hul nageslag sal presteer.

'n Totaal van 33 Bonsmara-bulle uit die Hartebeestloop-kudde is aangebied en is almal verkoop.

Alhoewel Joggie sy bulle graag be­skikbaar wil maak vir almal en dus geen reserweprys verwag nie, is bulle verkoop teen pryse wat gewissel het van N$41 000 tot die hoogste prys van N$450 000.

Edward Hansen van Emok Bonsmaras het die duurste bul tot sy bestaande versameling van goeie genetika gevoeg. André Carlisle het vurig gebie op die bul van sy keuse en het die tweede duurste bul gekoop vir N$290 000. Koeie met kalwers het 'n gemiddelde prys van N$18 822 behaal vir die 66 wat aangebied is. Die duurste koei met kalf is vir N$21 500 verkoop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!