34 renosterhorings uit boer se kluis gesteel
34 renosterhorings uit boer se kluis gesteel

34 renosterhorings uit boer se kluis gesteel

Francoise Steynberg
'n Boer (58) van 'n wildsplaas in die Outjo-distrik is die naweek van 34 renosterhorings, kontant in Amerikaanse en Nambiiese dollars, euros, rand, twee trouringe en drie vuurwapens ter waarde van sowat N$100 miljoen beroof.

Volgens die Namibiese polisie het die boer geldige permitte vir die renosterhorings wat in 'n kluis was nadat sy renosters onthoring is.

Die inbraak het tussen Vrydagaand en Sondagmiddag plaasgevind en die boer het eers Sondagaand die skokontdekking gemaak.

Die verdagtes het toegang deur die dak van die huis gekry en die alarmstelsel gedeaktiveer, het die koördineerder van misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, adj.komm. Naukalemo Andreas, gesê.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en geen gesteelde items is teruggevind nie.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Kommentaar

Republikein 2025-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer