34 renosterhorings uit kluis op Outjo gesteel
34 renosterhorings uit kluis op Outjo gesteel

34 renosterhorings uit kluis op Outjo gesteel

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Boer (58) van 'n wildsplaas in die Outjo-distrik het die naweek reuseverliese gely toe 34 renosterhorings, kontant, juwele en trouringe, selfone en drie vuurwapens uit 'n kluis in sy huis op dié dorp gesteel is.

Die boer wat weens veiligheidsmaatreëls sy renosters onthoring het nadat stropers hulle op sy wildsplaas afgemaai het, het geldige permitte vir die horings wat in 'n instapkluis in sy huis op Outjo was.

Sedert Maart 2018 is al 13 renosters op dié wildsplaas langs die Etosha Nasionale Park gestroop.

Die boer het gister aan Republikein gesê hy was die naweek op die plaas, sy vrou op Swakopmund en hy het Sondagaand met sy terugkeer by sy dorpshuis dié skokontdekking gemaak.

Volgens die polisie moes die inbraak tussen Vrydagaand en Sondagmiddag plaasgevind het. Hy het gesê die polisie het aan hom gesê daar was 'n klomp huisinbrake die naweek op Outjo en hy was een van vele misdaadslagoffers op die dorp.

"Die verdagtes het toegang tot die huis deur die dak gekry wat hulle reg bo die alarmstelsel oopgesny en dit gedeaktiveer het," het die boer gesê.

"'n Kleiner kluis is uit die muur geruk waarin drie vuurwapens was. Die groot instapkluis het oopgestaan met die sleutels nog in die deur. Al die renosterhorings is weg," het die boer vertel.

"Iemand moes geweet het presies waar die alarmstelsel is en hoe dit werk," het die boer gesê.

"Vir my is die hoofverdagtes die renostersindikate in die land en dit sluit nie die vermeende renosterstropers uit wat onlangs in die Outjo-hof op borgtog vrygelaat is nie," sê hy.

Ses mans word daarvan beskuldig dat hulle op 27 Mei 'n swartrenosterbul op die wildsplaas gestroop het. Vyf beskuldigdes is onlangs op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat, terwyl ’n ander een borgtog van N$6 000 toegestaan is.

Die boer sê die ironie is "ek het baie geld betaal om die renosters te onthoring, net vir hulle om dit te steel".

VEILIGHEIDSRISIKO

"Die bank het geweet ek sou nog die horings bring om dit daar in veilige bewaring te stoor, maar die banke wil ook nie meer horings stoor nie weens 'n gebrek aan spasie en die groot veiligheidsrisiko vir hulle," het die boer gesê.

'n Ander boer in die distrik met renosters op sy wildplaas het beaam banke wil nie meer hul renosterhorings in veilige bewaring daar hou nie.

Mnr. Colgar Sikopo, hoof van nasionale parke en wildlewe in die ministerie van die omgewing en toerisme, het gister op navraag gesê daar is kommer oor die veilgheid van die berging van renosterhorings.

"Ek wil nie nou kommentaar oor hierdie voorval lewer voor ek nie eers alle inligting gekry het nie," het hy gesê.

Die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het bevestig dat 34 witrenosterhorings en ander items gesteel is.

VIER VERSKYN OP OTJI

Gister het vier mans in die landdroshof op Otjiwarongo op klagte van die onwettige besit van en handel in beskermde en beheerde widlprodukte verskyn

Mnre. Robertos Ipinge (33), Timoteus Kazera (34), Hango Hangos (28), Gideon Gaowaseb (36) is Maandag omstreeks 17:00 naby die Otjozondjupa-streeksraad met vars afgesaagde renosterhorings in hul besit deur geheime polisiebeamptes in hegtenis geneem.

Volgens die polisie was die mans glo besig om die horings te probeer verkwansel.

Beslag is op die die horings en twee luukse voertuie gelê.

Landdros Eduard Kesslau het die saak tot 30 September vir verdere ondersoek uitgestel en die beskuldiges bly in aanhouding.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!