341 nuwe gevalle, een sterfte
341 nuwe gevalle, een sterfte

341 nuwe gevalle, een sterfte

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld wat 36 leerlinge, 13 studente, sewe onderwysers, 20 gesondheidswerkers, drie gevangenes, 15 werknemers in die visbedryf en drie werknemers in die mynbedryf insluit. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 026 waarvan 179 in die hospitaal en 45 in die ICU is. Tot op hede het 47 173 gevalle (95%) herstel.

Tans is 1 341 mense in kwarantyn, 3 370 kontakte word gemonitor en tot op hede het 37 578 mense hul eerste dosis Sinopharm of AstraZeneca ontvang, terwyl 2 300 reeds hul tweede dosisse ontvang het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer