36 uit 393 toets positief
36 uit 393 toets positief

36 uit 393 toets positief

Henriette Lamprecht
Uit die 393 weefselmonsters wat getoets is vir Covid-19 het 36 (9%) positief vir die siekte getoets. Uit die nuwe gevalle is 18 mans en 18 vroue. Die ouderdomme wissel van 16 jaar tot 75 jaar.

Die nuwe gevalle sluit 26 in Windhoek, nege in Oshakati en een in Swakopmund in. Uit die gevalle in Oshakati is vier leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati en vier is gesondheidswerkers by die staatshospitaal op die dorp.

Nog 65 mense het herstel wat die totaal op 13 600 te staan bring. Dit sluit 46 in Khomas, 13 in Erongo en ses in //Kharas in.

Die aktiewe gevalle staan op 662 waarvan sewe baie ernstig of kritiek is. Dit sluit drie baie ernstige en drie kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 157 116 weefselmonsters getoets, 3 269 kontakte word opgevolg en 483 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!