37 sterftes,329 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 37 tot 2 871. Die Oshakati-distrik het die meeste sterftes en wel 11, gevolg deur Walvisbaai met agt, Mariental met sewe, Swakopmund en Grootfontein met drie elk, Outapi en Windhoek met twee elk en Khorixas met een. Die sterfte in Walvisbaai was dié van 'n swanger vrou, terwyl die drie sterftes met hul aankoms by hospitale dood verklaar is. Drie sterftes was in Junie tussen 22 tot 29 Junie en 34 in Julie. Sewe gevalle in Julie was vanaf 1 tot 11 Julie, 21 tussen 12 tot 23 Julie en ses tussen 24 en 25 Julie.
Uit die 329 nuwe gevalle, positiewe koers van 20%, het Erongo die meeste en wel 17% van die bevestigde gevalle. Onder die gevalle is 29 leerlinge, sewe onderwysers, vyf studente en 13 gesondheidswerkers. Tien gevalle (3%) het een dosis entstof ontvang, terwyl drie twee dosisse ontvang het.
Die aktiewe gevalle staan op 20 903 waarvan 515 in die hospitaal en 99 in die ICU is. Tot op hede is 151 241 mense teen Covid-19 ingeënt waarvan 45 348 twee dosisse ontvang het. Die herstelkoers staan op 80%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie