38 sterf in sneeustortings in Turkye
Twee sneeustortings in die ooste van Turkye het 38 lewens geëis. Die meeste slagoffers is in die tweede sneeustorting dood terwyl hulle die slagoffers van die eerste storting probeer red het, het amptenare Woensdag gesê.
Turkye se ramp-en-noodowerheid (Afad) sê 33 mense is in die tweede storting dood ten tyde van ’n soektog na twee slagoffers van ’n vorige sneeustorting, waarin vyf mense dood is en nog agt gered is.
Altesame 53 mense is beseer.
TV-beeldmateriaal uit die distrik Bahcesaray in die oostelike Van-provinsie wys hoe talle mense met grawe en stokke te midde van vallende sneeu en sterk wind probeer om voertuie uit te grawe wat deur die eerste storting Dinsdagaand vasgeval het.
Mehmet Bilmez, goewerneur van Van, het vroeër gesê die reddingswerk duur voort, maar kon nie sê hoeveel mense nog vasgekeer is nie.
Suleyman Soylu, minister van binnelandse sake, sê toestande in die gebied maak dit ontoeganklik vir reddingsvoertuie.
Die hoof van Afad se kantoor in Van is ook in die hospitaal opgeneem nadat hy in die sneeustorting vasgevang was. Hy het aan Ihlas News Agency gesê sowat 200 mense neem deel aan die reddingsoperasie, maar baie van hulle was nie in die gebied waar die tweede storting Woensdag plaasgevind het nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie