39 sterftes, 743 nuwe gevalle
39 sterftes, 743 nuwe gevalle

39 sterftes, 743 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 39 tot 2 506. Windhoek-distrik het die hoogste getal en wel 13, gevolg deur Rundu-distrik met sewe, Oshakati-distrik met vyf, Gobabis-distrik met vier, Engela- en Usakos-distrikte met drie elk, Onandjokwe-distrik met twee en Nankudu- en Mariental-distrikte met een elk. Drie van die sterftes was in Junie, 21 in die tydperk 9 tot 14 Julie en 15 op Saterdag 17 Julie. Drie was tuissterftes. Drie sterftes (8%) het hul eerste dosis van die entstof ontvang. Die meeste van die 743 nuwe gevalle is in die Erongostreek (15%) aangeteken, gevolg deur Kavango-Oos met 13%. Die positiewe koers is 31%. Onder die nuwe gevalle is 83 leerlinge, 12 studente en ses gesondheidswerkers. Uit die bevestigde gevalle het nege (1,2%) een dosis van die entstof ontvang, terwyl een ten volle ingeënt is.
Tans is daar 22 330 aktiewe gevalle waarvan 566 in die hospitaal en 116 in die ICU is. Tot op hede is 136 189 ingeënt waarvan 34 787 twee dosisse ontvang het. Die herstelkoers skuif op na 78%.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!