3de Russiese agent verdink van gifaanval
3de Russiese agent verdink van gifaanval

3de Russiese agent verdink van gifaanval

’n Derde man wat vermoedelik betrokke was by die vergiftiging van die voormalige dubbele Russiese spioen Sergei Skripal en sy dogter, Joelia, is ’n hooggeplaaste Russiese militêre intelligensie-agent, berig die webtuiste Bellingcat.

Skripal en Joelia is in Maart verlede jaar bewusteloos op ’n parkbankie naby Skripal se huis in Salisbury in Engeland gevind nadat hulle met die uiters dodelike senumiddel Novichok vergiftig is.

Albei het oorleef.

’n Vrou op ’n buurdorp is dood nadat haar metgesel ’n bottel van die gif huis toe gebring het. Hy het gedink dit is parfuum.

’n Polisiebeampte het ook siek geword.

Die Britse regering het reeds vroeër gesê twee senior lede van die Russiese militêre intelligensiediens (GRU) is verantwoordelik vir die vergiftiging.

Bellingcat sê hy het ’n derde Russiese agent wat ook in Brittanje was toe die Skripals vergiftig is, geïdentifiseer.

Dié agent is volgens Bellingcat Denis Sergeief, wat die alias Sergei Fedotof gebruik.

Die Kremlin ontken enige aandadigheid en beskuldig Britse intelligensie-agentskappe daarvan dat hulle histerie teen Rusland probeer aanblaas.

Brittanje se departement van buitelandse sake het gesê hy het nie kommentaar op die berig nie.

Bulgarye het Maandag gesê hy ondersoek ’n moontlike verband tussen die Skripal-aanval en die vergiftiging van ’n wapenhandelaar in Sofia in 2015. Fedotof het Bulgarye drie keer in 2015 besoek en was in April daar toe ’n wapenhandelaar, Emilian Gebref, vergiftig is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!