4 dekades op see
Uit die skatkis van Dirk die skipper
Selfs in die laat jare negentig het Dirk van Rhyn ná 37 jaar op see weer 'n slag of wat uitgegaan.
Die dood van 'n seun op die drumpel van sy beroepslewe het alles verander. Kom hy vandag in die vissershawe is dit asof 'n muur voor hom op die kaai staan. Die opteken van die staaltjies wat 'n visser op see deurleef en onthou, word dan vir hom lafenis vir sy groter seer.
Dirk vertel só sy staaltjies van die see: 'n Windstil nag langs die Weskus teenoor Kaappunt, die see so kalm soos 'n plaasdam, baie bote, maar geen teken van vis nie. Op die dek was net Dirk van Rhyn en een ander bemanningslid. Geen geluid van die sonar op die klankskerm nie. Toe skielik 'n waarskuwende “pieng!”.
Nie vis nie, maar die “mooiste vrou van die Kaap” wat so byna in die net beland. Selfs die elektroniese skerm het sy kreet weer uitgejuig. “Pieng!”
Toe is die “pieng!” skielik so hard en duidelik dat hy hom nugter uit sy sluimerslapie skrik. Reg voor hom 'n “skool vis” op die skerm. Opstaantyd vir die ganse bemanning. Die “skool” beweeg suidoos reguit Kaap toe. Beweeg toe om die “skool” om die net voor die vis te laat sak. Die tekens bly, maar dis anders as die seine van vis. Sou dit 'n walvis wees, sou dit weer duisende dollars se skade aan die net en toerusting wees.
Roep toe die Kaapse radiostasie. Verstrek ons posisie en verneem na vreemde voorwerpe in ons omgewing.
Onmiddellik kom die antwoord: “Skipper, net die Kaap se mooiste vrou.”
“Hoe nou? Wat? Wie?”
“Dis die Maria van Riebeeck, die duikboot. Ontspan, sy hou julle dop.”
“Sê vir daardie vrou so byna was sy in my net.”
Bella
Suid van Gansbaai en sowat tien seemyl buite die Kaapse hawe is op 'n vreemde voël afgekom.
Sy vlieg so 'n draai en kom sit feitlik teen die boot. Dis 'n binnelandse plaasgans hier in die middel van die see. Die gans was baie moeg en bemanningslede in 'n roeibootjie het haar maklik gevang. Op die dek kry sy die naam Bella, 'n verwysing na die Benguela-stroom.
Nou was dit Walvisbaai toe en hok toe met Bella, waar sy die moeder van vele geword het. Elke jaar is 'n paar plaaseiers vir haar gebring en elke jaar het sy almal uitgebroei.
Die jasbrigade
Voor die moderne tegnologie moes in misweernagte op die dek gestaan word om botsings op see te vermy.
In die koue en mistige toestande het die wagstaners almal armiejasse gedra.
So is in die digte mis met 'n vrag sardyn teruggekeer Walvisbaai toe. Onder die bewakers van die nag was 'n nuweling onder die bemanning. Daar is eers al met die wal langs tot by Pelikaanpunt gevaar waar 'n mishoring die rigting sou gee.
Pelikaanpunt het toe al robbe. Toe hoor die nuweling die robbe van die Punt. Toe skreeu hy van die dek aan die stuurman: “Ek hoor 'n trop bokke blêr.”
Plaas se prys
Op versoek van 'n fabrieksbaas is sy skoonseun uit die destydse Transvaal by geleentheid saam see toe. Aanvanklik was die see kalm en die “ryloper” het vertel naas 'n boerdery lyk die see vir hom na die eintlike lewe.”Dis vir die manne!”
Namate die see rowwer geword het, het die genooide al hoe minder gesels. Toe is hy by die trappe af. Hy het lank weggebly en 'n bemanningslid is aangesê om hom te gaan soek. Die antwoord was: “Die man hang oor die kant van die boot.”
Nog 'n uur later is die jong man in die badkamer langs die toilet gekry. Hy vra of daar nie omgedraai en terug hawe toe gevaar kan word nie. Hy voel baie sleg. Al raad was dat hy 'n bietjie moet gaan lê, maar 'n uur later is hy terug langs die toilet. Nog 'n uur later was dit duidelik die man is sommer baie seesiek.
Toe sê hy: “Skipper, ek het drie plase in die Transvaal. Jy kan enigeen van die drie vir jou kom uitsoek as jy my net gou terugvat hawe toe.”
Sy uitkoms was 'n oproep van die fabriek dat iets onklaar geraak het en dat na die hawe teruggekeer kan word.
Baaskok
In die afseisoen is dikwels met vissersbote na Kaapstad gevaar vir noodsaaklike nagaan- en herstelwerk. Net 'n paar bemanningslede was nodig – 'n skipper, 'n stuurman, 'n bootsman (“bosun”), twee bemanningslede in die masjienkamer en die belangrikste van almal, 'n kok.
Nog 'n skipper, ene Basie, wou ook Kaapstad toe. Hy verneem toe na 'n saamrygeleentheid en ek vra hom of hy kan kook. Basie antwoord die kookkuns is eintlik sy kos. Dan gaan hy die kok wees.
Ons was skaars 'n halfuur uit Walvisbaai toe 'n storm ons tref.
Die aand se etensuur het gekom en gegaan en 'n bemanningslid het kom sê hy kan doen met 'n bord kos. Kan die skipper nie 'n bietjie gaan kyk nie?
Basie was voor die stoof. Voor hom was 'n gewone eierpan met 'n bietjie olie. In die pan was so 'n paar gesnyde aartappelskyfies. Word daar geëet, gaan dit baie laat wees. Die weer word al hoe slegter. Wanneer die golf die boot oplig en dit in 'n daaropvolgende gat slinger, spat al Basie se olie uit. Die paar stukkies aartappels in die pan het ook nie juis na tjips gelyk nie.
Op my vraag aan Basie of hy regkom, gebeur die ergste. Die pan met die olie en die skyfies beland op die vloer. En hy sê” “Ai ou Dirk, ek wil vir ons skyfies bak, maar kyk hoe lyk die weer.”
Toe gebruik Basie 'n dieper kastrol. Sowat twee uur later verneem 'n bemanningslid na brood. In die kombuis word op 'n kastrol vol kos afgekom. Hoflik kom my vraag: “Die manne wil weet wanneer eet ons dan? Van hulle het reeds gaan slaap.”
Basie sê toe hy aan die tjips begin roer, sit die goed aan mekaar vas. Hoe meer hy roer, hoe meer klou dit. Toe besluit hy maar op kapokaartappels.
Die volgende oggend het Basie se kookvernuf deurgebreek. Vir ontbyt is aangesit agter 'n bord kos van drie gebakte eiers, twee groot snye brood, 'n groot stuk vleis en twee stukke boerewors.
Namate daar gesmul word, vertel ek toe die storie van my oorle oom met die omskakeling na die metrieke stelsel: “Ou swaer, nou het ek darem vir my 3 km lekker boerewors gekoop daar onder by Giel Tamatie se slaghuis”.
Sit-sit so
Hoe groter die bote, hoe groter die vrag, hoe hoër is die verdienste van die vissers en hoe beter is die geriewe.
Wat eens net 'n droom van 'n eie kajuit op see was, was eensklaps 'n werklikheid. En daar was 'n behoorlike toilet.
Op die Gamsberg het die vissers op mooiweersdae sommer op die bolwerk van die boot hul toiletdraaitjies geloop. Speel die weer nie saam nie, het jy maar iewers in 'n hoekie 'n plekkie vir jou met jou emmer gekry.
”Gelukkig was daar nog nie vroue onder die bemanningslede nie.”
Ingemaakte skubbe
“Ons inmaakbedryf is die beste in die wêreld. Die tekort aan pelsers het my verplig om ingevoerde blikkiesvis te koop. Die gehalte kan glad nie met dié van die Namibiese produk vergelyk word nie. Die goed is so vol skubbe dat ek dit nie eens vir 'n honger kat kan gee nie. Die oorsese vissers kan ook baie by ons in Namibië kom leer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie