4 sterf in aanval met vragmotor
Nóg 'n aanval waarin 'n voertuig ingespan is om blindelings in 'n skare mense in te jaag, het Sondag in Jerusalem plaasgevind.
Minstens vier mense het Sondag gesterf en 15 is beseer toe 'n Palestynse man met 'n vragmotor tussen 'n groep soldate langs 'n gewilde promenade in Jerusalem, Israel, ingeploeg het.
Israelse polisie het dit 'n opsetlike aanval genoem.
Die slagoffers, drie vroue en 'n man, was almal in hul 20's. Geen verdere inligting is verstrek nie.
Die vragmotorbestuurder se naam is nog nie bekend gemaak nie. Hy is egter uitgeken as 'n Palestyn uit Oos-Jerusalem.
Die was die grootste Palestynse aanval in Jerusalem die afgelope tyd en was klaarblyklik gemik op die kadetoffisiere van die Israelse weermag wat pas uit 'n bus geklim het op die Armon Hanatziv-promenade – 'n gewilde wandelgang met 'n panoramiese uitsig oor die ommuurde ou deel van die Israelse hoofstad.
'n Busbestuurder wat die voorval sien gebeur het, het oor die radio vertel dat die vragmotor in die groep soldate ingeploeg het. Hulle het op die drywer geskiet, wat agteruit gery en toe weer in die bondel ingejaag het.
Volgens televisienuus is die vragmotorbestuurder deur die windskerm doodgeskiet.
Die vlaag straataanvalle deur Palestyne, waaronder talle wat met voertuie uitgevoer is, het sedert Oktober 2015 baie afgeneem.
Minstens 37 Israeli's en twee Amerikaanse besoekers is in dié tyd in sulke aanvalle dood.
Minstens 231 Palestyne is in dié tydperk in voorvalle van geweld in Israel, die Wesoewer en die Gasastrook dood.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie