41 sterf in Kaboel

Drie selfmoordontploffings in een dag het die oorlogsgeteisterde stad geruk.
Minstens 41 mense is dood en tientalle gewond toe 'n selfmoordbomaanvaller hom gister in 'n Sjiitiese kultuursentrum in Kaboel opgeblaas het, het amptenare gesê ná die jongste voorval van geweld die stad getref het.

Geen verantwoordelikheid is al hiervoor aanvaar nie, maar die Taliban was vinnig om betrokkenheid by die aanval naby die Afghaanse Stemagentskap te ontken.

Dié agentskap is 'n media-instelling wat volgens vroeëre berigte as die aanvanklike teiken aangedui is.

Mnr. Nasrat Rahimi, adjunkminister van binnelandse sake, het aan AFP gesê die aanval was eintlik gemik op die Sjiitiese Tabayan-kultuursentrum in die weste van die stad.

"Die selfmoordaanvaller het homself tydens 'n byeenkoms by die Tabayan-kultuursentrum opgeblaas, wat baie slagoffers tot gevolg gehad het," het Rahimi gesê.

Die hoofontploffing is gevolg deur twee kleiner bomontploffings waarin niemand beseer is nie, het hy gesê en bygevoeg die geleentheid was die 38ste herdenking van die Sowjet-inval in Afghanistan.

Verontrus

Chaos het by die Istiqlal-hospitaal geheers waarheen slagoffers geneem is. Baie van hulle het ernstige brand- en skrapnelwonde opgedoen, het AFP-verslaggewers gesê.

Beangste familielede het na geliefdes in die hospitaal gesoek en is woedend oor die regering se onvermoë om die gereelde menseslagtings stop te sit.

Party was so ontsteld dat hulle op die grond rondgekruip het en hul eie hare getrek het.

'n AFP-verslaggewer het erg verbrande liggame in 'n kamer in die hospitaal sien lê en houtkiste wat afgelewer is sodat gesinne hul geliefdes wat gesterf het, kon wegneem.

Kaboel het in die afgelope maande een van die dodelikste plekke in die oorlogsgeteisterde Afghanistan geword, aangesien die Taliban hul aanvalle verskerp het en die Islamitiese Staat (IS) sy teenwoordigheid in dié land probeer versterk.

Gister se aanvalle kom dae nadat 'n selfmoordbomaanval ses burgers se dood veroorsaak het naby 'n Afghaanse intelligensie-agentskap se kampong in die stad. Die IS het verantwoordelikheid hiervoor aanvaar.

Dié Midde-Oosterse djihadiste-groep se steun het in Afghanistan gegroei sedert hy die eerste keer in 2015 in die streek kop uitgesteek het.

Sy aanvalle het in Kaboel begin. Dit sluit aanvalle op veiligheidsinstansies en die land se Sjiitiese-minderheidsgroep in. - News24/Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!