420 werkloos as Tschudi-myn sluit
420 werkloos as Tschudi-myn sluit

420 werkloos as Tschudi-myn sluit

Afleggings gaan volgens plan glo in drie fases plaasvind.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage - Die Tschudi-kopermyn naby Tsumeb gaan sy deure teen die einde van volgende maand sluit.

Dit kan moontlik 420 mense werkloos laat.

Die myn se moedermaatskappy, Weatherly, beplan glo om 20 werkers af te lê en is nie in staat om sy skuld van sowat N$1,28 miljard aan Orion, die maatskappy verantwoordelik vir die oprigting van die Tschudi-myn, te betaal nie.

Weatherly se skuld het intussen na wat verneem word tot sowat N$2 miljard gestyg.

Sowat 400 ander werkers, waarvan sommige in diens van die myn se kontrakteurs is, kan ook werkloos gelaat word.

’n Vakbondlid by die myn, asook ’n Tschudi-werkernemer in diens van Weatherly het oor die moontlike afleggings en die vooruitsig van werkloosheid gepraat.

Mnr. Paul Sitamba, wat die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) verteenwoordig, sê die meerderheid van die arbeidsmag verwag om hierdeur geraak te word, en afleggingsonderhandelings is onderweg.

“Dié week was die begin van onderhandelings oor afleggingspakette. Hulle gaan die myn onder instandhouding plaas. Mynbou-aktiwiteite sal teen die einde van Februarie gestaak word,” het Sitamba verlede week gesê.

“Afleggings gaan in drie fases plaasvind. Amper die hele arbeidsmag sal na verwagting geraak word. ’n Mynwerkernemer wat anoniem wil bly, het gesê hulle is verlede maand oor die beplande sluiting ingelig.

“Ons is in Desember ingelig die myn gaan in Februarie sluit, terwyl hulle nuwe beleggers soek. Hulle gaan mense in Maart begin aflê. Mynbou-aktiwiteite sal voortgesit word tot die voorraad uitgeput is. Hulle is tans besig met onderhandelinge vir werkers se afleggingspakette,” het die werknemer gesê.

Die mynboukommissaris, mnr. Erastus Shivolo, het bevestig Weatherly het die ministerie van myne en energie inlgelig van hul plan om die myn te sluit.

“Ons het ’n brief ontvang wat sê die maatskappy gaan alle bedrywighede teen die einde van Februarie staak. Dit voldoen aan die bepalings van die mynbouwet,” het Shivolo gesê.

NUWE BELEGGER

Mnr. John Sisay, besturende direkteur van Weatherly Mining Namibia, het vure probeer doodslaan ná gerugte dat Tschudi in instandhouding geplaas gaan word, en sê hulle is op soek na nuwe beleggers.

“Die myn gaan nié in instandhouding geplaas word nie. Ons gaan besigheidsontwikkelingsmetodes toepas om ’n ander belegger te vind wat ons sal toelaat om na verskaffing terug te keer. Mynbou-aktiwiteite sal teen die einde van Februarie gestaak word. Ons sal ongeveer 20 Weatherly-werknemers moet aflê. Ek kan my nie oor die kontrakteurs uitlaat nie. Ons gaan in die afsienbare toekoms steeds tot 2021 koper bly lewer, terwyl ons steeds belasting en tantieme betaal,” het Sisay gesê.

Weens Weatherly se skuld aan Orion en die kopermark lyk die vooruitsig van mynbou-aktiwiteite by Tschudi onwaarskynlik in die afsienbare toekoms.

“Weatherly skuld Orion US$140 miljoen. Gegewe die kopermynbedryf se huidige omstandighede is daar geen manier dat hulle dit kan terugbetaal nie,” het hy gesê.

Hy is wel positief oor die moontlikheid van ’n nuwe belegger.

“Ons gesels met verskeie partye wat belangstel. Hulle moet ’n beter begrip van die bate en die ertsbron hê. Ons hoop op ’n beter mark in 2020. Toerusting is nog relatief nuut en werk nog goed,” het hy gesê.

Die Namibiese Kamer van Mynwese (CoM) se uitvoerende hoof, mnr. Veston Malango, het gesê hy is nog nie formeel in kennis gestel van ontwikkelings en Tschudi se beoogde sluiting nie.

In 2018 is Weatherly onder administrasie geplaas, en is sy aandele van die Londense aandelebeurs se alternatiewe beleggingsmark verwyder.

Teen einde April het Weatherly homself in die mark geplaas om fondse te werf vir die aankoop van die Kitumba-projek in Zambië.

Dié transaksie het deur die mat geval ná hulle nie in staat was om ’n ooreenkoms oor tydsverlenging te bereik nie.

Weatherly het 122 voltydse werkers en 627 kontrakteurs teen die einde van 2017 in diens gehad.

Volgens die CoM het die maatskappy ’n N$67,4 miljoen-verlies in 2017 gely.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!