43 dood in aanval in Kaboel
Afghaanse owerhede het Dinsdag 43 lyke uit ’n staatsgebou in Kaboel verwyder ná ’n aanval Maandag deur onder andere ’n selfmoordbomaanvaller.
Die aanvaller het sy motor met plofstof voor ’n regeringsgebou opgeblaas. Die gebou huisves ’n maatskaplike departement in ’n oostelike woonbuurt van die stad.
Ander aanvallers, gewapen met aanvalsgewere, het die gebou van die ministerie vir martelaars en gestremde persone stormgeloop en werkers as gyselaar geneem, terwyl ’n uitgerekte skietgeveg tussen nog ander aanvallers en veiligheidswagte gewoed het.
Wahid Majroh, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, sê 43 lyke en 10 beseerdes is tot dusver gevind. ’n Polisieman en drie militantes is doodgeskiet in ’n sewe uur lange skietgeveg op die terrein.
Afghaanse magte het meer as 350 burgerlikes uit die gebou verwyder voordat die operasie Maandagaand gestaak is.
Geen militantegroep het al verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Die aanval is egter identies aan vorige aanvalle deur Taliban-rebelle op staatskantore, buitelandse geboue en militêre basisse.
Abdullah Abdullah, uitvoerende hoof van die regering, het op Twitter die Taliban vir die aanval geblameer.
Zabihullah Mujahid, Taliban-woordvoerder, het egter in ’n verklaring gesê die groep was nie betrokke by Maandag se aanval nie.
Die jongste aanval kom slegs dae nadat pres. Donald Trump van Amerika gesê het hy oorweeg dit om minstens 5 000 van die 14 000 Amerikaanse troepe uit Afghanistan te onttrek.
Die moontlikheid dat duisende Amerikaanse troepe die land gaan verlaat, het paniek gesaai onder die regering in Kaboel en buitelandse sendings wat vrees dat die skielike onttrekking sal meebring dat die Taliban weer die septer sal swaai.
Genl. Joseph Dunford, voorsitter van die Amerikaanse gesamentlike bevelstruktuur wat Maandag in Afghanistan was, het volgens plaaslike nuuskanale gesê die troepe se sending gaan voort sonder enige veranderings.
Die Taliban beheer bykans die helfte van Afghanistan. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie