447 mense Saterdagnag na Duitsland gerepatrieer
447 mense Saterdagnag na Duitsland gerepatrieer

447 mense Saterdagnag na Duitsland gerepatrieer

Honderde mense is die naweek tussen Namibië en Duitsland gerepatrieer; sommige met hul troeteldiere.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Vir ’n paar uur Saterdagaand was die Internasionale Lughawe Hosea Kutako 'n miernes waar passasiers hartseer van geliefdes afskeid neem en in lang rye wag om hul bagasie in te weeg voordat hulle vir oulaas inkopies by die belastingvryewinkels doen en aan boord gaan.

“Dit was soos voor Covid-19. Daar het só ’n positief atmosfeer geheers. Dit het goed gevoel. Daar was lewe by die lughawe en ‘n mens kon sien die personeel is opgewonde daaroor.”

Só het mnr. Fred Ribeiro, bestuurder van sakeontwikkeling by Westair, gister aan Republikein gesê oor die repatriasie Saterdagnag van 447 mense en nege honde na Frankfurt in Duitsland.

Op die vlug was buitelanders wat in Namibië werksaam was en hul werk verloor het, Europiërs wat hier op vakansie was en met die aankondiging van die grendeltyd besluit het om hier agter te bly, asook Namibiërs wat in die buiteland studeer en daarheen terugkeer, vertel Ribeiro.

Hy sê die vlug was veronderstel om 22:00 te vertrek, maar tegniese probleme met die inklokstelsel het meegebring dat die vliegtuig twee ure later eers kon opstyg. Dit het kort na 10:00 gisteroggend in Frankfurt neergestryk.

“Dit was ’n geskiedkundige oomblik vir Namibië, ondanks die uitdagings,” sê hy.

Die Boeing 747, wat deur Westair in Spanje gehuur is om die repatriasievlugte te onderneem, het Saterdagoggend omstreeks 05:00 met 151 mense aan boord vanaf Frankfurt by die lughawe aangekom.

Onder die passasiers was Namibiërs en mense met permanente verblyfreg in die land wat uit Europa teruggekeer het, asook mense wat noodsaaklike dienste in Namibië kom lewer, sê Ribeiro.

Hulle is van die lughawe af met busse na kwarantyngeriewe vervoer waar hulle vir 14 dae in afsondering sal wees.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!