48 leerlinge van skool toets positief vir Covid-19
48 leerlinge van skool toets positief vir Covid-19

48 leerlinge van skool toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 48 leerlinge van 'n senior sekondêre skool in die Onandjokwe-distrik in die Oshikotostreek het positief vir Covid-19 getoets. Die leerlinge is kontakte van leerlinge by die skool wat vroeër positief vir die siekte getoets het. Die 48 is deel van die 115 nuwe gevalle wat vandag deur die minister aangekondig is. Uit die 115 nuwe gevalle is 59 mans en 56 vroue. Die jongste is twee maande oud en die oudste 70 jaar oud.

Die nuwe gevalle is soos volg aangeteken: 48 Onandjokwe, 37 Windhoek, 13 Swakopmund, 1 Omaruru, 5 Otjiwarongo, 3 Okahandja, 2 Okakarara, 2 Mariental, 1 Rehoboth, 2 Rundu, 1 Katima Mulilo.

Volgens Shangula het nog 27 mense herstel wat die totaal op 8 776 te staan bring. Dit sluit nege vir Hardap, agt vir Khomas, ses vir Zambezi, drie vir //Kharas en een vir Omaheke in.

Die aktiewe gevalle staan huidig op 2 137 waarvan 14 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Erongo en drie baie ernstige en sewe kritieke gevalle in Khomas in. Huidig word 9 398 kontakte gemonitor, 95 894 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 136 mense is tans in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!