4x4-avontuur op Tsumeb

Die geleentheid het Land Rover-entoesiaste en belang­stellendes van oraloor ­Namibië gelok.
Tsumeb en omgewing is verlede Saterdag op 'n hele vloot Land Rovers getrakteer.

Land Rover Owners Namibia (LRON) het hier saamgetrek en die omgewing as deel van 'n promosietoer verken.

Die byeenkoms het 'n opwindende dag vol pret en avontuur vir LRON-lede en besoekers gebied, waar­tydens bestuurders se 4x4-vaardighede getoets is.

Met 30 verskillende Land Rover-modelle en ses ander voertuighandelsmerke wat deelgeneem het, het die geleentheid Land Rover-entoesiaste en belangstellendes van alle uithoeke van Namibië gelok.

Ná 'n optog deur Tsumeb se hoofstraat het deelnemers in die sagte, rooi sand buite die dorp vir die vaardigheidskompetisie bymekaar­gekom.

Deelnemers kon in drie verskillende aktiwiteite met mekaar meeding.

Fase een en twee het 'n hindernisbaan behels wat in die kortste moontlike tyd voltooi moes word, en fase drie was 'n bergop resies tussen twee voertuie.

Mnr. Erwin Tietz, LRON se verteenwoordiger in die verre Noorde, het die geleentheid aangebied.

Die vereniging het sy dank ­uitgespreek teenoor almal wat die dag moontlik gemaak het, asook teenoor al die borge wat die prys­uitdeling moontlik gemaak het.

LRON bied nie net 4x4-opleidingskursusse en avontuurdae aan nie, maar ondersteun ook omgewings- en humanitêre sake as deel van hul maatskaplike verantwoordelikheidsprogram.

Land Rover-liefhebbers en ander 4x4-entoesiaste kan 081 124 5745 of [email protected] vir meer inligting kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!