50 Goue jare
50 Goue jare

50 Goue jare

Lloyd Zandberg
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar in Namibië. Ter viering van hierdie mylpaal bied CAN ’n gala-aand op Saterdag 9 Julie (????) by die Safari Court Hotel aan.

Die internasionaal bekende komediant Barry Hilton en Namibiese vokale sensasie Lize Ehlers en George Longane gaan sorg vir topklasvermaak tydens die vieringe.

CAN se historiese reis het in 1968 begin, toe dr. Abraham Bernard May, die destydse burgemeester van Windhoek en 'n chirurg by die Windhoek Sentrale Hospitaal, die eerste saad van verandering geplant het. Sy doel was om ’n vereniging te stig om alle Suidwes-Afrikaners wat kanker het, te help.

Pasiënte moes baie lang ure per trein of bus na Kaapstad of Johannesburg reis vir kankerbehandeling, terwyl mediese ondersteuning aan die massas onbekostigbaar was.

“Die vereniging het aanvanklik aan die Kankervereniging van Suid-Afrika gerapporteer, maar het later op sy eie voete begin staan ??en die geld wat plaaslik ingesamel is, benut vir die plaaslike mense wat dit die meeste nodig gehad het,” verduidelik mnr. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van CAN.

Die Suid-Afrikaanse vereniging bly ondersteunend aan die Kankervereniging van Suidwes-Afrika (CASWA) en die eerste amptelike kantoor is in die 70's in Pionierspark gevestig.

Gedurende die 1980’s het die Kankervereniging van Namibië ten volle onafhanklik van SA en Acacia geword.

Sedert onafhanklikheid het CAN 'n baken van hoop geword vir alle pasiënte wat met kanker gediagnoseer is. Die vereniging bied nie net tussentydse tuisversorging vir volwasse en kinderkankerpasiënte aan nie, maar ook 'n welsynsprogram waarby finansiële hulp verskaf word.

Die Nasionale Kanker Uitreikprogram reis deur die land om by verskeie bestemmings, ten minste een keer per jaar, besoeke af te lê. Gemeenskapsgesprekke en mediese ondersoeke word tydens hierdie besoeke gedoen vir vroeë diagnosering en sodoende lewens te red.

In 2017 is die Family Support Centre met die Standard Bank Circle of Hope -program ook bekend gestel, wat psigo-onkologiese ondersteuning aan pasiënte en hul gesinne bied.

Die onkologiebehandelingsentrum by die Windhoek Sentrale Hospitaal, is vernoem na CAN se stigter - Dr AB May Cancer Care Centre en tot vandag toe ondersteun die vereniging steeds die instandhouding van die sentrum.

CAN en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bly gesamentlik toegewy om kanker in Namibië te beveg.

Die galadinee is die ware viering van lewe en hoop; en alle fondse wat deur die geleentheid gegenereer word, gaan na die finansiering van die Nasionale Kanker Uitreikprogram.

Kaartjies vir die geleentheid is by www.webtickets.com.na vir N$650 beskikbaar en sluit 'n 3-gang maaltyd, ligte verversings en vermaak in. Vir meer inligting kontak gerus vir Lizelle van Schalkwyk by [email protected] of by 061 237 740.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!