50 sterf in vliegongeluk in Nepal

Altesaam 50 lyke is reeds uit die wrak van die vliegtuig wat Maandagoggend in Katmandoe, Nepal, neergestort het, verwyder. Nege mense word steeds vermis. Daar was 71 mense aan boord van die vliegtuig.

Die vliegtuig was skielik in vlamme gehul toe dit een van die heinings om die lughawe getref het, sê Raj Kumar Chettri, ’n woordvoerder van die lughawe. Die wrak het in die veld langs Tribhuvan-lughawe se aanloopbaan tot stilstand gekom.

’n Ooggetuie het aan Reuters gesê verskeie van die lyke wat reddingspersoneel uit die wrak verwyder het, is verkool.

Ná die ongeluk het dik wolke rook steeds oor die vliegtuig gehang. Die brand is later deur die weermag en reddingspersoneel geblus.

Gokul Bhandari van die plaaslike weermag het die dodetal bevestig. Die vliegtuig was van Dhaka in Bangladesj na die hoofstad van Nepal, Katmandoe, onderweg.

Voëls wat in die vliegtuie se enjins beland en ander gevare kom glo gereeld by dié lughawe voor.

Volgens Flightradar24.com het die 17-jarige vliegtuig sy hoogte na 4 400 voet verlaag en toe weer na 6 600 verhoog toe dit sowat twee minute later in vlamme gehul is.

Die lughawens in die bergagtige Nepal het nie ’n goeie reputasie vir vliegtuie se veiligheid nie. Dié netwerk van ligte vliegtuie het gereeld probleme op afgeleë landingstroke.

’n Thaise vliegtuig het in 1992 ook in Katmandoe neergestort en al die passasiers is toe dood.

Die lugdiens van Bangladesj, US-Bangla Airlines, het die vlug met die Bombardier Q400-vliegtuig bedryf.

Die lugdiens het nie dadelik kommentaar gelewer nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!