50 vreemdelinge, 1 huis, 3 weke en R600 000
Stel jou voor jy moet ’n tweeslaapkamerhuis – voorsien van kos, toiletware, en beddegoed vir net twee
mense – met 50 vreemdelinge deel.
Ná drie weke in dié beknopte omstandighede kan een van die huismaats ’n tamaai kontantprys losslaan.
Diegene wat die moed en uithouvermoë het om drie weke met 50 uiteenlopende vreemdelinge in ’n
knap ruimte deur te bring, kan vir VIA (DStv-kanaal 147) se nuwe werklikheidsprogram Trap! Dis my huis op VIA se Facebook-blad inskryf deur op die skakel in die plasing boaan die blad te kliek.
Dié skakel sal na ’n aanlyn vraelys lei wat voltooi moet word.
Belangstellendes moet 18 jaar en ouer wees om in te skryf en moet vir drie weke in Oktober 2019
vir verfilming in Kaapstad beskikbaar wees.
Suksesvolle kandidate moet hulself in die Kaap kan kry vir die verfilming van die reeks.
Trap! Dis my huis is gegrond op die opspraakwekkende internasionale TV-formaat met die naam Get the f*ck out of my house. Dié reeks het kykers aan die gons gehad in Nederland, Duitsland en Brasilië, en die Afrikaanse leefstylkanaal se weergawe sal dié formaat se eerste vertakking op die Afrikavasteland wees.
Die uitdaging wat vir deelnemers voorlê, is eenvoudig: Die 50 huismaats moet drie weke in ’n
tweeslaapkamerhuis deurbring sonder om die huis te verlaat.
Huismaats wat oorweldig voel deur die ervaring het egter die opsie om enige tyd die huis en die kompetisie te verlaat. Deelnemers word gereeld deur huismaats uit die huis gestem.
Huismaats moet vir die tydperk in die huis klaarkom met voorraad vir net twee mense, maar het ook geleenthede
om nóg kos, toiletware, beddegoed en meer vir die huis te kry.
R1 miljoen word in ’n geldpot gespaar en deelnemers kan van dié geld gebruik om voorraad vir die huis aan te koop. Voorraad kan ook deur middel van minikompetisies en -speletjies losgeslaan word. VIA waarborg dat die finale wenner van Trap! Dis my huis met minstens R600 000 kan wegstap.
“Ons is rasend opgewonde oor hierdie formaat,” sê Izelle Venter, VIA se kanaalhoof.
“Ons het besluit dis reg vir die tydgees – die wêreld is bietjie wild, deurmekaar en ‘n onverwagte avontuur – dié formaat ook! Boonop word privaatheid tot die uiterste beproef.”
Trap! Dis my huis sal in Januarie 2020 op VIA in samewerking met Elco uitgesaai word. Die program word deur Afrokaans vervaardig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie