• Tuisblad
  • Sake
  • 500 perde, R2,3 mjd. se bates vir Jooste se skuld
500 perde, R2,3 mjd. se bates vir Jooste se skuld
500 perde, R2,3 mjd. se bates vir Jooste se skuld

500 perde, R2,3 mjd. se bates vir Jooste se skuld

Die beleggingsvoertuig Mayfair van Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, hou sowat 500 resiesperde, direk of indirek, vir teeldoeleindes en wedrenne, asook meer as R2,3 miljard se bates.
Nellie Brand-Jonker - Mayfair Holdings en sy volfiliaal Mayfair Speculators se bates word gelys in 'n reëlingsooreenkoms met skuld­eisers teen Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, wat die Wes-Kaapse hooggeregshof goedgekeur het.

Mayfair Speculators word in 'n hofaansoek, wat deur Stefan ­Potgieter, Jooste se skoonseun, en enigste ­direkteur, gebring is, as 'n ­maatskappy wat “toesig hou oor en bedrywig is in perdeteel- en ­wedrenbedrywighede, op sy eie en deur filiaalmaatskappye” beskryf.

Die maatskappy hou direk en indirek sowat 400 perde wat afgerig word of vir 'n stoetery aangehou word.

Mayfair Speculators besit ook belange in Speculators France, 'n maatskappy wat in Europa perde koop en verkoop.

Speculators France hou omtrent 100 perde.

Mayfair Speculators besit ook 'n belang in Klawervlei Stud – wat 'n perdestoet bedryf.

Die bates wat vir Mayfair Speculators gelys is, is van einde Maart toe skuldeisers die ooreenkoms goedgekeur het. Dit is nie bekend hoeveel van die perde intussen al verkoop is nie. Die hof het die reëlings om die skuld terug te betaal in die middel van April goedgekeur.

Mayfair Speculators hou ook 'n belang in die maatskappy Cape Thoroughbred Sales, wat veilings vir volbloedperde hou, waaronder die belangrike jaarlikse Cape Premier Yearling Sale. Mayfair Speculators en Holdings se geregistreerde adres is Quantumstraat 15 in Technopark buite Stellenbosch.

Jooste was tot 7 Desember ook 'n direkteur van die twee maatskappye maar het bedank 'n dag nadat hy as uitvoerende hoof van Steinhoff bedank het ná die maatskappy se aankondiging dat ongerymdhede in sy boeke ondersoek word en die ouditeure Deloitte nie sy jaarstate wil afteken nie.

Speculators

Speculators word as insolvent en in finansiële nood beskryf.

Speculators se bates wat altesaam R351,5 miljoen beloop, sluit sowat R39,1 miljoen se kontant in asook leningsrekeninge teen Klawervlei Stud en Cape Thoroughbred Sales van altesaam R169,3 miljoen.

Die bates van Mayfair Holdings, wat Speculators besit, word as altesaam R2 miljard deur Potgieter gewaardeer.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A