52 nuwe gevalle van Covid-19
Uit die uitslae van 512 weefselmonsters wat getoets is vir Covid-19, was 52 positief. Uit die 52 nuwe gevalle is 30 vroue en 22 mans. Die ouderdomme wissel van een jaar oud tot 70 jaar oud.
Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, is 15 nuwe gevalle in Windhoek, vier in Walvisbaai, drie in Swakopmund, een in Usakos, sewe in Oshakati en Rehoboth onderskeidelik, vyf in Outapi, vier in Gobabis, drie in //Kharas, een in Lüderitz en twee in Onandjokwe aangeteken.
Muinjangue sê 43 mense het herstel wat die totaal vir die land op 10 972 te staan bring. Dit sluit 26 in Kavango-Oos, tien in Khomas, vier in //Kharas, twee in Otjozondjupa en een in Kunene in.
Uit die 1 753 aktiewe gevalle is vier in 'n baie ernstige of kritieke toestand. Dit sluit een kritieke geval in Khomas en drie baie ernstige gevalle in Oshona in. Die sterftesyfer bly op 133, tot op hede is 125 082 weefselmonsters getoets, 7 052 kontakte word gemonitor en 522 mense is tans in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie