53 leerlinge van een skool toets positief
53 leerlinge van een skool toets positief

53 leerlinge van een skool toets positief

Henriette Lamprecht
Uit 1 037 weefselmonsters wat getoets is, het 112 positief vir Covid-19 getoets. Dit sluit 90 mans en 22 vroue in. Die jongste is 13 jaar oud en die oudste 63 jaar oud. Die gevalle is soos volg aangeteken: Oshakati 69, Opuwo 13, Windhoek 8, Omuthiya 5, Onandjokwe 2, Swakopmund 3, Walvisbaai 2, Rundu 2, Rehoboth 1, Mariental 1, Otjiwarongo 1, Okahandja 1, Karasburg 1, Lüderitz 1, Eenhana 1 en Engela 1.

Die gevalle op Oshakati sluit 15 gevangenes in wat kontakte van bevestigde gevalle is, sowel as 53 gevalle in die senior sekondêre skool Oshakati. Die gevalle op Opuwo sluit 5 gevangenes in aanhoudingselle en 6 polisiebeamptes in. Die 5 gevalle op Omuthiya is ook gevangenes in aanhoudingselle op die dorp.

Nog 31 mense het herstel wat die totaal op 10 360 te staan bring. Dit 14 in Khomas, 10 in Otjizondjupa, 5 in Erongo en twee in //Kharas in.

Die aktiewe gevalle staan op 1 724 waarvan een in 'n baie ernstige en vier in 'n kritieke toestand is. Dit sluit twee kritieke gevalle in Erongo en een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas in.

Nog 'n Covid-19-verwante sterfte is aangekondig en wel die van 'n 76-jarige vrou van Gobabis met veelvuldige onderliggende mediese toestande. Sy het na bewering twee begrafnisse bygewoon. Dit bring die totaal op 131 te staan. Tans word 7 417 kontakte gemonitor, 114 126 weefselmonsters is tot op hede getoets en 881 mense in huidig in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!