5G sal nuwe wu00eareldorde aanvul
5G sal nuwe wu00eareldorde aanvul

5G sal nuwe wêreldorde aanvul

Beloof omwenteling op plaasvlak
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher



Aan die begin van 'n nuwe jaar is dit noodsaaklik om met die ervaring van die afgelope jaar, vooruit te kyk en aan 'n nuwe bedeling te werk.

CS Lewis het dit baie netjies raakgevat met die volgende: “You can't go back and change the beginning, but you can start where you are and change the ending”. 2021 gaan beslis nog sy kwota onsekerheid oplewer, maar vir eers kan ons ten minste uitsien na 'n nuwe jaar.

Die pandemie se onvoorspelbaarheid en die tegnologie wat met die Vierde ­Nywerheidsrevolusie vereenselwig word, asook veranderde handels­patrone internasionaal en plaaslik en politieke onbeholpenheid het mense ­behoorlik op hol.

Dink vir 'n oomblik na oor die uiteenlopende sienings ten opsigte van inenting teen Covid-19. Dit lei tot sosiale spanning en het die uitdagings ten opsigte van on­gelykheid weer onder die soeklig geplaas.

Waaroor almal eens is, is dat daar 'n akute behoefte is aan beter gesondheid, groter volhoubaarheid, meer inklusiewe ontwikkeling en 'n hersiening van waaroor produktiwiteit eintlik gaan.

Voor die pandemie sy beslag gekry het, was daar reeds ontwrigting as gevolg van die impak van die Vierde Nywerheidsrevolusie.

Die ontwrigting het volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) toegeneeem te midde van Covid-19, maar het ondubbelsinnig gewys op die verandering ten opsigte van dienslewering.

Die digitalisering van die wêreldekonomie het hier ter plaatse ook ingetree, maar behoorlike digitale bemagtiging strek baie verder as die vermoë om al hoe beter aanlyn aankope te kan doen.

Die WEF raam dat tot 70% van nuwe waarde wat geskep gaan word in die volgende dekade, met behulp van digitale platforms gaan wees. ­

Ongelukkig is digitale bemagtiging tans baie eksklusief, met meer as die helfte van die wêreld se bevolking wat nie digitaal verbind is nie. Dit verhoog die risiko van verdere konsentrasie van ekonomiese mag, met 'n redelike verwagting dat beleidsondersteuning kan ontbreek om gapings reg te stel.

Dit is teen daardie agtergrond wat die nuutste tegnologie ten opsigte van internetkoppeling en spoed – 5G – gesien moet word.

Talle lande is vervolgens reeds besig om die nodige infrastruktuur op te rig.

Die WEF raam dat die implementering van 5G wêreldwyd tot soveel as 12 triljoen Amerikaanse dollar kan bydra tot die ekonomie oor die volgende twee dekades, maar dat dit baie miljoene dollar se beleggings sal verg.

Hiervoor sal ongekende samewerking nodig wees, maar die belofte van ­werkskepping is 'n aanloklike geelwortel.

Baie sal wonder of 5G nie maar net weer 'n nuwe geldmaakaksie vir bevoorregte lande sal wees nie. Trouens, daar is reeds gevalle gerapporteer waar tradisionele leiers die oprigting van 5G-strukture verwerp uit ongegronde vrees dat die virus deur middel van die nuwe torings versprei word. Wat egter belangrik is, is begrip vir wat dit beteken.

Digitalisering sal 'n nuwe wêreldorde aanvul; noodsaaklike veranderings is afgedwing as gevolg van die pandemie. Om dit alles moontlik te maak, verg vinnige en baie data.

'n Praktiese vergelyking sou wees om die paaie­netwerke te gebruik.

Vir vele lande kon hul netwerk van snelweë die verkeer laat vloei en logistiek verbeter. Nou is juis daardie snelweë onder druk en moet ander planne gemaak word soos die Gautrein, ensovoorts.

Dieselfde het gebeur met internet gekoppelde data-oordrag. Die aanvraag na data gaan net toeneem, namate bestuurderlose motors praktyk gaan word, hommeltuie mense en sal vervoer, ens. Daar is selfs sprake van loodsvrye vliegtuie. Dié en ander tegnologiese ontwikkeling vereis 'n ander vorm van dataverspreiding en 5G is die aangewese.

Op plaasvlak sal dit ook 'n omwenteling veroorsaak. Naspeurbaarheid, bevestiging van voedselveiligheid, voorkomende verpakking om vermorsing te beperk, ens. sal aan die orde kom.

Die pandemie het reeds veranderde verbruikspatrone tot gevolg gehad waarvan die veranderings as blywend aanvaar moet word.

Kunsmatige intelligensie gaan verder strek as GPS-leiding met die bewerking van lande vir graanproduksie, en die vermoë om byvoorbeeld plantsiektes te identifiseer aan die hand van 'n foto en 'n selfoontoepassing.

Hierdie alles dui op nog 'n skommelpad in 2021, maar met die belofte van meer positiewe uitkomste.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!