6 beseer in betogings in Spanje
Ses mense is in Barcelona, Spanje, in hegtenis geneem tydens protesbetogings vir die onafhanklikwording van Katalonië in Spanje.
Maandag is die eerste herdenking van die geskiedkundige dag toe Kataloniërs verlede jaar in ’n omstrede referendum gestem het om dié streek van Spanje te laat wegbreek.
’n Groep betogers ten gunste van Kataloniese onafhanklikheid het die onluste-polisie met eiers en poeierverf bestook in strate wat gewoonlik vol van toeriste sou gewees het.
Groepe mense wat gekant is teen Katalonië se onafhanklikwording, het ure lank optogte gehou teen dié van die Kataloniërs.
14 mense moes vir ligte beserings behandel word.
Spanning loop tans hoog in Katalonië.
In die referendum verlede jaar is meer as 1 000 mense beseer toe die nasionale Spaanse polisie Katalane van die stemmery probeer wegkeer het.
Die uitslag was oorweldigend ten gunste van onafhanklikwording, hoewel die stempersentasie laag was, heel moontlik omdat diegene wat teen die onafhanklikwording gekant is, die referendum geboikot het.
Groepe ten gunste van onafhanklikheid het Vrydagaand op ’n plein oornag om te verhoed dat ’n optog ten gunste van die nasionale polisie plaasvind.
Die betoging het Saterdag plaasgevind, maar moes ’n ander roete as beplan volg. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie