60 jaar van Duitse pret
Vanjaar vier die jaarlikse Windhoek Oktoberfest sy 60ste bestaansjaar.
Dié fees het vandag tot een van die land se mees gewaardeerde kulturele feeste ontwikkel.
Namibia Breweries Limited (NBL), die stigtingsborg, is 'n filiaal van die Ohlthaver & List-groep en tree weer vanjaar as borg op.
Een van die grootste suksesverhale van die jaarlikse Windhoek Oktoberfest, wat op 26 en 27 Oktober vanjaar plaasvind, is hoe dit ontwikkel het van 'n tipiese Duitse fees tot een van die land se mees diverse kultuurgeleenthede.
NAMIBIESE KULTUURVIERING
Mnr. Norbert Wurm, voorsitter van die Oktoberfest-komitee, sê hy sien jaarliks uit na die fees se vreugdevolle atmosfeer.
“Die verskeidenheid deelnemers en gaste, beide plaaslik en van oraloor die wêreld, het hierdie geleentheid selfs kleurvoller laat word met tyd. Dit het in 'n pragtige Namibiese kultuurviering ontwikkel, ongeag sy oorsprong,” sê hy.
Die vermaak by vanjaar se fees sluit die tradisionele Kirchdorfer-groep uit Duitsland in wat feesgangers met Duitse musiek gaan vermaak.
“Ons het wel 'n paar verrassings vir 2018 beplan,” sê Wurm.
Met 'n kontantborg van N$150 000 (gedeeltelik deur BMW Suid-Afrika geborg), het Pupkewitz BMW kragte met NBL en sy medestigter, die Sport Klub Windhoek (SKW), as vennoot saamgesnoer om die Windhoek Oktoberfest moontlik te maak.
Die Intelligence Support Against Poaching (Isap) word vanjaar van staanplek by die fees voorsien, met die doel om fondse vir die bekamping van stropery in te samel.
Volgens mnr. Armand Barnard (Pupkewitz BMW se handelshoof) is die groei van die fees 'n inspirasie. “Die sterk handelsmerk op die plaaslike vermaakfront en die gerespekteerde kulturele platform wat dit oor die jare geword het, is vir my indrukwekkend,” het hy gesê.
Vanjaar sal die Oktoberfest ook vir die eerste keer sedert sy aanvang 'n kontantlose stelsel vir transaksies bekend stel. Meer hieroor is beskikbaar op die Windhoek Oktoberfest se webwerf.
Kaartjies vir die fees is by enige PnP beskikbaar, of kan aanlyn by Webtickets gekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie