62 nuwe gevalle, een sterfte
Uit 898 weefselmonsters wat getoets is, was 62 positief vir Covid-19. Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is 33 mans en 29 vroue. Die jongste is sewe maande oud en die oudste 77 jaar oud. Uit die 62 nuwe gevalle is 33 in Windhoek, 14 in Onandjokwe, vyf in Outjo, drie in Otjiwarongo, twee in Okahandja, drie in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Karasburg en Katima Mulilo.
Uit die vyf gevalle in Outjo is een 'n toeris wat op 2 Oktober in die land aangekom het met 'n geldige negatiewe Covid-19-toets wat op 30 September gedoen is. Hy is op dag vyf in Namibië getoets.
Volgens Nangombe het nog 29 mense herstel wat die totaal op 9 807 te staan bring. Dit sluit 24 in Khomas, twee elk in onderskeidelik Hardap en //Kharas en een in Zambezi in.
Die aktiewe gevalle staan nou op 1 956 waarvan vyf, twee in Erongo en drie in Khomas, in 'n kritieke toestand is. Nangombe het nog 'n Covid-19-verwante sterfte aangekondig en wel die van 'n 76-jarige vrou van Windhoek met onderliggende mediese toestande. Dit bring die totale Covid-19-verwante sterftes op 128 te staan.
Tans word 9 026 kontakte gemonitor, tot op hede is 108 484 weefselmonsters getoets en 1 068 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie