65 jaar van ware kleure wys

Tanja Bause
NEO Paints vier vanjaar hul 65ste bestaansjaar.

Dié trots Namibiese maatskappy vervaardig steeds hul eie verf by hul fabriek in Bellstraat, Windhoek.

Die verjaardagvieringe het met 'n partytjie vir NEO Paints se werknemers afgeskop. Elkeen het die geleentheid gekry om hul geverfde hand op 'n muur af te druk en hul naam daarby te voeg.

“Sonder ons toegewyde werkers sou ons dit nooit tot by ons 65ste verjaardag gemaak het nie. Hul hand­afdrukke is nou vir ewig deel van NEO Paints se erfenis,” lui 'n verklaring wat NEO Paints uitgereik het.

'n Kompetisie van 28 September tot 14 Desember is deel van die vieringe.

Klante wat NEO Paints-produkte ter waarde van N$650 of meer aanskaf, kan aan dié kompetisie deelneem.

Skryf jou naam, faktuurnommer en die winkel waar jy die verf gekoop het, op jou strokie om deel te neem.

Kliënte sal per SMS van kompetisiereëls ingelig word.

Die eerste gelukstrekking vind op 5 Oktober plaas, en elke Vrydag daarná.

In totaal sal 11 trekkings plaasvind, waarin wenners N$6 500 kan wen.

Die finale wenner kan N$65 000 in kontant wen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!