66 mense dood ná vliegtuig in Iran val
Al 66 mense aan boord van 'n passasiersvliegtuig wat Sondag in 'n bergagtige gebied in die suide van Iran neergestort het, is vermoedelik dood.
Die vliegtuig van Aseman Airlines was van die hoofstad, Teheran, na Yasuj in die suidweste onderweg toe dit sowat 50 minute ná opstyging verdwyn het, berig CNN.
Die ATR-vliegtuig het in die Dena-berge vasgevlieg.
Volgens CNN het owerhede aan Fars News gesê dat die vliegtuig by die dorpie Kohangan, sowat 120 km van Semirom, neergestort het.
Vroeër is berig dat 66 mense in die ongeluk gesterf het, maar een passasier het nie op die vliegtuig geklim nie, het Aseman Airlines Sondag aan CNN bevestig.
Ayatollah Ali Khamenei, Iran se opperleier, en pres. Hassan Rouhani, het hul meegevoel met die slagoffers en hul gesinne betuig.
Aseman Airlines het 'n foto van die vliegtuig op sy Instagram-rekening geplaas. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie