67 werkers van Nida in sleepwa-ongeluk beseer
Ná ’n ongelisensieerde trekkerbestuurder beheer oor dié werktuig verloor het, het die wa agter die trekker omgeslaan met byna 70 passasiers op.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop – Altesaam 67 werknemers van die Agentskap vir Nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) het ’n ongeluk oorleef toe die sleepwa waarop hulle passasiers was Dinsdagmiddag by die Nautedam omgeslaan het.
Volgens die polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het die werknemers van ernstige tot ligte beserings opgedoen en is almal na die Keetmanshoop- staatshospitaal vir mediese behandeling geneem.
Mubebo het gesê die 36-jarige trekkerbestuurder het beheer oor die werktuig verloor. Dit het veroorsaak dat die sleepwa waarop die werknemers van die landbouprojek na hul woonkwartiere vervoer is, omgeslaan het.
Die voorval het omstreeks 17:20 plaasgevind en die passasiers was glo almal tussen 20 en 46 jaar oud.
“Die trekkerbestuurder het nie ’n lisensie gehad nie, net ’n brief van die maatskappy wat hom toestemming gee om die trekker te bestuur. Nie die trekker of die sleepwa was padwaardig nie,” het Mubebo gesê.
Die waarnemende projekbestuurder, mnr. Simon Akwenye, het gesê hy is nie op die oomblik in staat om kommentaar te lewer nie, maar hy het die ongeluk bevestig. Die staatshospitaal op Keetmanshoop het ook bevestig dat een van die oorlewendes, me. Nicolene Boois, na ’n hospitaal in Windhoek oorgeplaas is vir verdere waarneming nadat haar regterboarm gekraak is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie