7 737 renosters in SA in 12 jaar gestroop
Geen renoster is verlede jaar in die Wes-Kaap gestroop nie.
Elise Tempelhoff - 7 737 renosters is in 12 jaar in Suid-Afrika vir hul horings gestroop.
Verlede jaar is 769 renosters gestroop.
Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, het Woensdag die lof besing van die teenstropingseenhede, aangesien die getal renosters wat verlede jaar gestroop is vir die eerste keer in vyf jaar “minder as 1 000” is.
Bewaringsorganisasies sê in reaksie daarop die feit dat daar sedert 2015 ’n afname is in die getal renosters wat jaarliks gestroop is, beteken die diere se getalle neem af en dat daar dus minder is om te stroop.
Mokonyane sê in ’n verklaring daar word “besondere vordering” gemaak met die departement van omgewingsake se geïntegreerde bestuursplan vir renosters.
Sy sê ook “ongelukkig” is 71 olifante tussen 1 Januarie en 1 Desember in die Krugerwildtuin vir hul ivoor gestroop.
Dié stropery het veral in die noorde van die wildtuin plaasgevind. ’n Olifant is ook in KwaZulu-Natal gestroop.
Dit beteken 72 olifante is verlede jaar in Suid-Afrika gestroop.
Renosterstropery het veral in die land se 21 nasionale parke afgeneem, sê sy. 422 renosters is verlede jaar in dié parke gestroop, teenoor 504 die vorige jaar.
BUITE NASIONALE PARKE
Buite die nasionale parke is 142 renosters verlede jaar in KwaZulu-Natal gestroop (teenoor 222 in 2017), in Noordwes 65 (96 in 2017), in Limpopo 40 (72 in 2017) en in Mpumalanga 51. In die Oos-Kaap is 19 gestroop, in die Vrystaat 16 (teenoor 38 die vorige jaar) en in die Noord-Kaap 12. In Gauteng is twee renosters verlede jaar gestroop,
Geen renoster is verlede jaar in die Wes-Kaap gestroop nie.
Mokonyane wys daarop dat die kabinet die geïntegreerde bestuursplan in 2014 aanvaar het.
Dit sluit die departement van justisie, misdaadvoorkoming en verskeie veiligheidseenhede en agentskappe in.
“Die afname is nie net ’n aanduiding van die suksesvolle inwerkingstelling van die geïntegreerde bestuursplan nie, maar is ook ’n aanduiding van die verbintenis van dié wat aan die voorpunt werk om dié spesie te beskerm,” sê Mokonyane.
Oor vervolgings sê Mokonyane daar is tans 318 sake waarby renosterstropery betrokke is op hofrolle. 645 beskuldigdes is betrokke.
275 van die sake word binnekort aangehoor. 78 stropers is verlede jaar skuldig bevind.
Die Wêreldnatuurfonds (WWF) het Donderdag gesê die krisis met renosterstropery is beslis nie verby nie. Dit is belangrik dat die departement in gedagte hou hoeveel renosters nog in die land oor is.
Dr. Margaret Kinnaird, projekleier vir wild by die WWF, sê korrupsie speel ’n geweldige groot rol in die stryd teen renosterstropery en die sluikhandel in wild.
“Om die omvang van die probleem te begryp, is dit noodsaaklik om te verstaan waarom mense by sulke misdaad betrokke raak. Ons moet ’n manier kry om mense wat langs natuurreservate woon en werk betrokke te kry by bewaring en die identifisering van wetsoortreders.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie