7 wetmakers bedank uit Arbeidersparty
Met slegs 39 dae oor voordat Brittanje die Europese Unie verlaat, begin krake oor Brexit in die Britse politiek verskyn.
Sewe Britse wetmakers het Maandag uit die Arbeidersparty bedank weens hul leier, Jeremy Corbyn, se benadering tot Brexit en ’n bakleiery oor anti-semitisme.
Die sewe LP’s het ’n beroep op ander in die parlement gedoen om ook te sê “genoeg is genoeg” en nie stil te bly oor Corbyn se “onbekwaamheid as leier nie”.
Hul bedanking is ’n aanduiding van die groeiende frustrasie binne die geledere van die Arbeidersparty oor Corbyn se onvermoë om sy Brexit-strategie aan te pas.
Met slegs 39 dae oor voordat Brittanje die Europese Unie verlaat, wat as die grootste buitelandse en handelbeleidsverandering in meer as 40 jaar beskryf word, begin krake oor Brexit in die Britse politiek verskyn. Tradisionele partye is onder toenemende druk, terwyl nuwe ad hoc-koalisies gevorm word.
NIE MEER DIESELFDE PARTY
“Die Arbeidersparty waarin ons glo is nie meer dieselfde party nie,” het een van die wetmakers wat bedank het, Chris Leslie, Maandag gesê.
“Bewyse van die party se verraad is sigbaar vir almal om te sien. Dit ondersteun die regering se Brexit terwyl dit aanhoudend die publiek van ’n finale besluit weerhou,” het Leslie benadruk.
Die sewe wetmakers wat Maandag bedank het is Leslie, Luciana Berger, Angela Smith, Gavin Shuker, Chuka Umunna, Mike Gapes en Ann Coffey. Hulle sal steeds as lede van die parlement dien, maar sal voortaan as “Die Onafhanklike Groep” bekend staan. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie