700 gedigte later
Ek sit in Swakopmund voor iemand anders se lessenaar met 'n effense hoofpyn. Ek het gisteraand hopeloos te laat gaan slaap en toe weer te vroeg opgestaan. Links van my rekenaar is 'n beker koffie, 'n plastiekplant en 'n leë asbak. Aan die regterkant van my lê Charles Zandberg se boek, Tyd Tooiings. Ek ruik die boek se reuk bo dié van die kitskoffie. My maag is te leeg vir sy tipe gedigte. Hy
het eenkeer aan my genoem dat hy geen verantwoordelikheid neem vir newe-effekte wat sy werk dalk mag bring nie.
Maar dit was juis dit wat my vroeg uit die vere het. Twee groot slukke later en die asbak is vol. Ek loer die boek. Hy ignoreer my. Ek wil begin lees, maar dan weet ek my dag is verby. Poetry is vir my soos dwelms. As jy geproe het, is jy verslaaf. Ek lees half-half deur die eerste gedig.
Charles Zandberg het nie eintlik lus vir koerantonderhoude en ander media-foefies nie, maar het ingestem om met my te gesels. Dit moet wel nie 'n langdradige storie wees nie, het hy genoem. Ek wou nie te veel oor hom weet nie. Ek dink hy sien sy geografiese posisie nie as van groot belang nie. Ek wou veel eerder weet wat ek met al hierdie vrae wat sy gedigte laat ontstaan het, kan doen.
Vir my is poetry 'n vorm van letterkunde wat mense selde verstaan. En met verstaan, verwys ek nie na iets lees, dit snaaks, vreemd, anders of mooi vind, die boek neersit en dan daarvan vergeet nie. As 'n mens werklik poetry verstaan, het dit die potensiaal om jou te breek of baie onverantwoordelike besluite te laat neem. Of dinge te doen wat jou heel moontlik voor 'n regter kan kry. Dit is vir my soos Wiskunde - hoe meer jy oefen, hoe beter gaan dit. Dit beteken nie dat jy noodwendig vir 'x' gaan kry nie, maar ten minste weet jy dit. Ek het baie meer daarvan gehou as die Afrikaans-onderwysers gesê het: Oefen, oefen, oefen.
Ek gaan nie 'n biografie oor Charles hier skryf nie, dit is vir my irrelevant. Hoewel dit tradisioneel van enige artikel verwag word. Ek is nie tradisioneel nie. Nog minder is Charles en maak dit regtig 'n verskil om te weet waar hy nou woon en vir hoe lank? Ek dink nie so nie.
Ons praat hier oor sy nuwe boek en digkuns in die algemeen. En alles in sy kop. En hoekom dit daarin is. Hy leef so by so deur sy poetry, so die boek gaan vir ons 'n baie goeie idee gee van waar hy op die oomblik is en nie noodwendig waar hy slaap nie. Intussen het ek Charles se boek 'n paar keer deurgelees sodat ek nie dom vrae vra nie. Hy het nie tyd vir hanna-hanna nie.
Ons het by 'n eetplek in Swakop ontmoet.
Charles sit so half om 'n hoek onder 'n sambreel. Dit is vroeg en die mis lê dik in Swakop. Die sambreel is baie onnodig. Ek stap nader, trek die baie onstabiele stoel uit en sit aan. Sy hare is netjies gevleg, soos iemand wat later vandag 'n prys gaan ontvang. Ek tik hopeloos te stadig om alles neer te pen wat hy sou sê. Ek het eerder saam met Charles die koffie geniet en vir hom die vrae op 'n stuk papier geskryf wat hy op sy eie tyd kon beantwoord. En dit is wat hy te sê gehad het.
Hoekom skryf jy gedigte?
Ek kan alles wat ek dink en vermoed in 'n klein spasie neerpen. Jy kan byvoorbeeld 'n hele leeftyd en alles wat dit behels in een poem inpas. Selfs 'n reëltjie. Poetry is korter as 'n outobiografie, maar kan net so baie sê. Dit asof tyd nie in poems bestaan nie.
Het jy al ander letterkunde-genres probeer?
Ja, ek het. Ek het 'n paar kortverhale geskryf, maar dit voel nog vir my lomp. Ek kry baie meer deur my gedigte gesê. En kortverhale het gewoontlik vasgestelde temas of slotte, waar gedigte juis oop is vir interpretasie. Ek het min of meer 700 gedigte al in my leeftyd geskryf. Party bestaan net uit twee lyntjies, maar dit bly 'n poem. En dit is vir my die beauty daarvan. Daar is nie moeilike intriges of 'n bepaalde plot in digkuns nie. Jy doen wat jy wil.
Wat is jou definisie van 'n gedig?
Dit is 'n storie oor gevoel. Ek skryf oor alles wat ek voel en hoe ek daaroor voel. Digkuns kan eintlik as langerige idiome gesien word.
Hoe het dit gebeur dat jy begin skryf het en wanneer was dit?
Ek het nog altyd, self toe ek 'n klein seuntjie was, in poetry belangstel. Ek het al die groot honde se werk gelees en besef: Hier in my kop is genoeg dinge waaroor ek kan skryf. Dieselfde soort van dinge waaroor meeste mense moontlik wonder. Jy kan met poetry godsdiense, ideologie en politiek met poetry verduidelik, beter as wat jy dit op die preekstoel, by konferensies en seminare sou kon doen.
So jy dink poetry is 'n geloof?
Ek bepaal my ideologie deur my skrywe. Dinge wat vir my mooi is, skryf ek oor. Of vrae wat ek het, dig ek oor. My skrywe, veral die nuwe boek, is inderdaad die hardcopy van my denke. Ek dig oor die goed waarin ek nie glo nie, sodat ek kan sien waarin ek glo.
Hoe oud was jy toe jy jou eerste gedig geskryf het?
20 jaar oud. In Kaokoland in die noordweste van Namibië. Onder 'n mopanieboom.
Wie na jou mening is die beste digter in Suid-Afrika en in die wêreld?
Breyten Breytenbach, ek weet nie van 'n vers wat hy geskryf het wat geen impak gehad het nie. Al is dit net een sin of 'n hele poem, dit het altyd moerse baie vleis.
En dan, natuurlik, Pablo Neruda. Al sy goed is net great.
Dink jy digkuns moet in skole bestudeer word?
Nee, dis nie nodig nie. Dan word dit afgedwing, En onmiddellik verloor dit sy waarde. Dit gaan ook dan beteken dat ons hordes boeke op die mark het, wat niks beteken nie. Poetry moet vanuit die hart kom, dit is nie iets wat jy uit 'n boek uit kan leer nie. Jy word nie 'n digter nie. Jy kom net agter jy is een.
Het jy 'n gusteling gedig?
Geen gunsteling gedig nie. Ek like almal.
Beskou jy Bob Dylan as 'n digter of musikant?
'n Digter. Hy is definitief een van my grootste inspirasies.
Wat doen jy tans?
Ek kap steeds klippe. Op soek na minerale en antwoorde.
Beskou jy jouself as afgetree?
Nee, aftree beteken iets anders as wat ek doen. Ek skaal net bietjie af.
Is daar iets spesifiek wat die boek beïnvloed het?
Daar is so half 'n aar deur die ding. 'n Aar wat handel oor hoe die mens moet voel oor die afloop van bestaan. En hoe godsdiens en politiek die mens se denke beïnvloed het. En veral hoekom dit nie, volgens my, in die samelewing nodig is nie.
Dink jy jy is 'n skrywer?
Nee. Ek is 'n verslaggewer van die dinge wat in my brein aangaan, en dit is poetry.
As jy koffie met 'n ander skrywer kon drink, met wie sou dit wees en hoekom?
Antjie Krog. Sy is die enigste digter wat die wye veld van digkuns verfyn het. Van 'n mooi gedig tot harde politiek. Haar werk weerspieël die feit dat sy nie geplaas kan word nie. Sy is great.
Wat van die lewe maak jou die bangste?
Ons weet nie waaroor dit gaan nie. Die mees basiese goed soos waar jy vandaan kom en waarheen jy gaan, weet ons nie. Daai grys area maak my deurmekaar. Elke ding wat gebeur, hou verband met die bogenoemde vrae. Waar pas wie by die groter sisteem in?
Is digkuns belangrik in die samelewing?
Nee wat. Dit is eintlik net 'n bewys van die menslike verwarring.
Beplan jy nog 'n boek of is jy klaar?
Ja, ek skryf tans aan hom. Hy handel oor dieselfde dinge waaroor al my boeke eintlik gaan. Alles het 'n begin en 'n einde. Soos 'n party. From 8 till late, sê die uitnodiging byvoorbeeld. Met 'n rede. Die lewe is dieselfde, maar met geen 'late' nie. Hoewel ons
almal weet die party gaan een of ander tyd eindig.
Het jy al ooit writer's block gehad?
Nee, ek skryf wanneer ek wil. En dan plaas ek dit in 'n boek. En alles wat ek vergeet het om oor te skryf, sit ek dan in die volgende boek. En so gaan dit aan.
Waarheen dink jy gaan 'n mens as jy doodgaan?
Dit is die tema van al my gedigte, maar meer spesifiek die nuwe boek, omdat ek nie weet nie. En ek dink die godsdienste en ander ideologie se antwoorde is te maklik. of dan nou hulle verduidelikings. Wat vir my egter vreemd is, is dat voor jou geboorte kan jy niks onthou nie en dan leef jy (en jy is bewys daarvan). Gaan dit dieselfde wees ná jou dood, waar jy van niks weet of onthou nie?
Dink jy die dood is iets om voor bang te wees?
Nee, ek aanvaar dit as net nog 'n gebeurtenis. 'n Leeu kan jou eet of 'n kar kan jou raak ry, dis die dinge wat my angstig maak. Die dood is guaranteed, jy kan nie vir dit bang wees nie. Dit is maar meer die vrees vir die onbekende wat my verward maak. Maar dan skryf ek net daaroor en dan voel ek beter.
So, glo jy in iets?
Ja, ek is 'n gelowige. Ek glo in die waarheid. Die waarheid het twee kante. 'n Mooi kant en lelike kant. Maar al twee is die waarheid. En noodsaaklik vir die balans. Sonder ryk mense kan arm mense nie weet hulle is arm nie. Net omdat daar ryk mense is, weet ons van die armes. As ons almal ryk of arm was, het dit nie saak gemaak nie.
Ons doen te min om agter die byl te kom. Vandag kry jy nie meer mense wat sterk in iets glo of vrae vra nie. Ons opvoeding het baie hiermee te doen. Sonder politiek, godsdiens en ideologie sou die wêreld 'n baie lekker plek volgens my mening gewees het. Niemand is nooit skuldig nie. En hoe wil jy 'n oordeelsdag hou as almal se sondes vergewe word. Geniet dit net terwyl jy hier is, ons kan later uit-sort wie waar inpas. En dit is waarvolgens ek leef: Die waarheid dat ons almal net tydelike bewus is van iets wat ons nie verstaan nie.
Dit was weer eens 'n voorreg. Ek sit nou met meer vrae as voor die onderhoud, maar ten minste weet ek dat as ek aanhou oefen, sal alles eventually vir my sin maak. Of die feit dat dit nie doen nie, is dalk die sense daarin.
Hou die boekeblad dop vir meer inligting oor Charles se Tyd Toiings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie