700 suurstofkonsentreers uit Indië bestel
Skok oor die hoë winste wat sommige invoerders op suurstofkonsentreerders hef, het ‘n kenner van dié toerusting genoop om sy kontaktelys nader te trek.
Ronelle Rademeyer - ’n Windhoeker met kennis van die mediese toerustingbedryf se aanbod om mense met die invoer van suurstofkonsentreerders teen kosprys te help omdat sommige plaaslike verspreiders se winste “kriminele proporsies” aanneem, kan sedertdien nie voorbly nie.
Hy moes sy huis in ‘n oproepsentrum en verspreidingspunt omskep toe die bestellings oornag begin instroom het.
Mnr. Sven Schulz, wat vroeër in sy lewe mediese toerusting verkoop het en later die bestuurder was van ‘n groot mediese maatskappy se toerustingafdeling, het sowat drie weke gelede op Facebook aangekondig dat hy besluit het om weer in aanraking te kom met “sy ou kontakte uit sy mediese tyd”.
Hy is deesdae operasionele bestuurder van ‘n kleinhandelgroep.
“Selfs met die invoerkoste is daardie konsentreerders omtrent 80% goedkoper as hier in Namibië,” het hy op Facebook gesê en daarop gewys dat hy nie die masjiene teen ‘n wins invoer nie, maar net “’n helpende hand verleen”.
Schulz het gister aan Republikein gesê dié plasing het binne 24 soos ‘n veldbrand versprei en die oproepe van mense wat masjiene wou bestel, het ingestroom.
Sedertdien het hy 700 suurstofkonsentreerders met ‘n kapasiteit van 10 liter per minuut van Narang Medical in Indië bestel.
Schulz vertel hy het toe hy in die mediese toerustingbedryf was, dié maatskappy self besoek en die gehalte van die mediese toerusting wat hulle vervaardig is baie goed.
“Die eerste 60 masjiene het verlede week in die land aangekom en ons verwag hierdie week nog 150 masjiene.
“Dit neem sowat twee weke vandat ons die bestelling plaas, tot dit hier aankom,” sê Schulz en verduidelik dit word via Addis Ababa in Ethiopië met lugvrag ingevoer. Aangesien dit ‘n passasiersvliegtuig en nie ‘n vragvliegtuig is nie, kan daar net ‘n beperkte hoeveelheid op ‘n slag hierheen vervoer word, sê hy.
Schulz sê aangesien die bestellings so baie is en die administrasie daarvan ‘n voltydse werk geword het, het die Schulze die braaikamer van hul huis in Kleine Kuppe in ‘n oproepsentrum omskep.
“My vrou, Frieda, beman dit saam met twee ander vriende. Ons sitkamer is nou die verspreidingspunt,” vertel hy.
Schulz sê hulle hef net ‘n administratiewe fooi van N$450. “Hierdie is ‘n krisistyd en mense se lewens hang van suurstof af. Ons wil help en nie geldmaak uit hulle nood nie.”
“Buiten die hoë pryse waarteen sommige plaaslike verskaffers die masjiene verkoop, is ek selfs meer geskok daaroor dat die verkeerde produkte aangebied word vir kritieke pasiënte.”
Hy sê hy voer net 10 liter-konsentreerders in, aangesien die kleiner masjiene ontoereikend is in die behandeling van mense met ’n kritieke nood aan suurstof.
Dié masjiene kan wel so gestel word dat dit minder suurstof aan die pasiënt gee en kan dus gebruik word vir Covid-19-pasiënte wat aan die herstel is en nie meer 10 liter suurstof per minuut nodig het nie.
’n Konsentreerder gebruik die atmosferiese lug en onttrek die suurstof. Om doeltreffend te wees, moet dit suurstof kan lewer wat 90-94% suiwer is. Masjiene waarvan die kapasiteit 5 liter of 7 liter suurstof per minuut is, voldoen nie aan hierdie vereiste nie, verduidelik Schulz.
Hy sê hulle het bestellings ontvang van korporatiewe instansies, boereverenigings, buurtwagte en toenemend ook van individuele families wat dit byderhand wil hê indien iemand in die gesin of groter familie suurstof nodig het.
Hulle het ook al konsentreerders aan hospitale gelewer.
“Ons werk net op bestelling en het nie masjiene in voorraad nie vanweë die geweldige aanvraag van die publiek. Ons het ‘n lys van kritieke mense wat ons natuurlik eerste probeer help,” sê hy.
Die oproepsentrum kan gekontak word by 081 564 9817 en 081 554 9886. “Die vinnigste is om ‘n e-pos te stuur na [email protected], want die telefoonnommers is dikwels beset wanneer mense bel,” sê hy. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie