71 mense dood toe Russiese vliegtuig neerstort
Uiterste weersomstandighede in Rusland kon waarskynlik tot ‘n lugramp aanleiding gegee het.
Minstens 71 mense is Sondagmiddag dood nadat ’n Russiese vliegtuig in die Ramenskoye-distrik buite Moskou neergestort het.
Die staatsmedia het bevestig dat die bemanning van dié vlug van Saratov Airlines geen probleme aangemeld het voor die vliegongeluk nie, berig CNN. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Daar was 65 passasiers en ses bemanningslede op die Antonov AN-148-vliegtuig wat neergestort het en volgens Russiese nuusagentskappe sluit dit drie kinders van vyf, 13 en 17 jaar in.
Wrakstukke van die vliegtuig is Sondag sowat 40 km van Moskou se Domodedovo-lughawe gevind.
Die vliegtuig was onderweg na die stad Orsk, naby die grens met Kazakstan, maar het kort nadat dit opgestyg het van die radar verdwyn, volgens die staatsnuusagentskap Tass.
CNN berig dat die sneeu in die omgewing van Moskou baie dig was en van grootste sneeuval in die laaste paar dekades onlangs aangeteken is.
Die Withuis het in ’n verklaring gesê hy is “baie hartseer oor die tragiese sterfte” van Saratov se passasiers en bemanning.
Volgens die staatsnuusdiens Sputnik, kan die vlugopnemer wat in die wrak gevind is nog leidrade oor die vliegtuig se spoed en hoogte voor die ongeluk bied, maar die stemopnemer is nog nie gevind nie.
Svetlana Petrenko, woordvoerder van Rusland se ondersoekende komitee, sê wrakstukke en lyke is oor ’n gebied van minstens 1 km gestrooi.
Werknemers van die Saratov-lugdiens en die lughawepersoneel word nog deur die owerhede ondervra.
Pres. Wladimir Poetin het ook sy innige meegevoel betuig met die familie en vriende wat geliefdes in die ongeluk verloor het.
Die Antonov An-148-vliegtuig is in Oekraïne ontwerp en in 2009 in gebruik geneem, maar die Russiese lugdiens GTK Rossiya het in 2010 al gesê die vliegtuig is nie betroubaar nie, berig CNN.
Dit was ook een van dié vliegtuie wat destyds aan Rossiya behoort het wat Sondag in die ongeluk betrokke was.
In die afgelope 440 dae was daar wêreldwyd geen sterftes op kommersiële vlugte aangeteken nie – die langste tydperk nog in die geskiedenis van moderne lugvaart.
Saratov het voor Sondag nog geen ongelukke gehad nie, maar is in 2015 ná ’n inspeksie tydelik deur die Russiese lugvaartowerheid verbied om internasionale vlugte te onderneem.
Ná ses maande het Saratov sy vlugte hervat.
2017 was die veiligste jaar nog vir kommersiële lugvaart, berig die BBC News.
Die vliegtuig het Sondag om 14:27 (Russiese tyd) opgestyg en ná minute kontak met die beheersentrum verloor. Volgens die webtuiste Flightradar24 het dit daarna met 1 000 m per minuut begin val.
Ooggetuies sê die vliegtuig was aan die brand terwyl dit neergestort het.
Die ondersoekers het aangedui dat hulle die weer, menslike en meganiese foute oorweeg as moontlike oorsake van die ongeluk, maar het nie die moontlikheid van terrorisme genoem nie.
Die vliegtuig was minder as agt jaar oud en is gevlieg deur ’n vlieënier met 5 000 uur se ervaring.
Saratov-lugdiens vlieg grootliks tussen Russiese stede, maar ook in Armenië en Georgië.
In Desember 2016 het ’n militêre vliegtuig in die Swart See neergestort en al 92 mense aan boord is dood.
In Oktober 2015 het ’n Russiese Airbus A321 met 224 mense aanboord by Sinai, Egipte, neergestort nadat die Islamitiese Staat glo ’n bom op die vliegtuig geplant het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie