79 nuwe gevalle, een sterfte
79 nuwe gevalle, een sterfte

79 nuwe gevalle, een sterfte

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met een, die van 'n 53-jarige vrou van Swakopmund, op tot 609. Vandag is 79 nuwe gevalle aangemeld waaronder 15 leerlinge en drie onderwysers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 295 waarvan 106 in die hospitaal en 33 in die ICU is. Tot op hede het 45 039 (96%) van die gevalle herstel.

Persone wat gister hul eerste dosis entstof ontvang het, sluit 175 in Erongo, 464 in Khomas, 64 in //Kharas, 12 in Omusati, 27 in Zambezi, 27 in Ohangwena en 20 in Ohangwena in, 'n totaal van 898. Persone wat hul tweede dosis Sinopharm ontvang het, sluit 31 in Erongo en 45 in Khomas in.

Tans is 1 356 mense in kwarantyn en 3 493 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer