7de Laan-grondkwessie in die kollig
Die 15 applikante wat sedert 28 Maart haweloos gelaat is toe Windhoek se stadspolisie na bewering hul plakkershuise afgebreek het, het hulle na die hoërhof gewend.
Jacqueline Louw - Regspanne vir Windhoek se munisipaliteit en 15 haweloses was op 31 Maart weer in Windhoek se hoërhof vir die voortsetting van die saak waarin die 15 aansoekers, wat sedert Maandag sonder huisvesting is, aansoek gedoen het dat die munisipaliteit hul huise herbou.
Een van die 15 aansoekers, me. Christine Likuwa, is intussen op bevel van regter Shafimane Ueitele in 'n gastehuis op die munisipaliteit se koste gehuisves. Ueitele het gesê net Likuwa het die besonderhede van haar omstandighede uiteengesit en daarom is sy die enigste een aan wie hulp verleen is.
Die munisipaliteit betwis die aansoekers se saak dat hulle al geruime tyd (sommige so lank as drie jaar) in die area woon en dat hul huise volledige strukture is.
Likuwa sê in haar beëdigde verklaring dat sy en haar kinders Dinsdagoggend vroeg deur lede van die stadspolisie opgeklop is en uit hul woning verwyder is. Volgens haar is haar besittings uit haar huis gegooi en is haar huis afgebreek. Dit was volgens haar ook die lot van haar 14 medeaansoekers.
Die munisipaliteit beweer slegs blyplekke wat Dinsdag in die vroeë oggendure besig was om opgerig te word, is afgebreek. Volgens beëdigde verklarings wat namens die munisipaliteit by die hof ingedien is, het die stadspolisie Dinsdag om 04:25 in die area aangekom ná 'n sekuriteitswag die munisipaliteit daarvan bewus gemaak het mense is besig om onwettige strukture in die gebied, bekend as Erf 3161, 7de Laan, Windhoek, op te rig.
In antwoord op die aansoekers se bewering dat die polisie nie oor 'n hofbevel beskik het om die strukture af te breek nie, het die munisipaliteit in hul beëdigde verklaring gesê dat hulle nie 'n hofbevel nodig het om 'n onwettige handeling stop te sit nie.
Mnr. Gerhard Shikesho sê in sy beëdigde verklaring “die besetters was besig om 'n misdryf te pleeg en die polisie het 'n plig gehad om die ontvouing van 'n onwettige aktiwiteit stop te sit”.
Ueitele het sy uitspraak tot 7 April voorbehou.
Die aansoekers is deur mnre. Kadhila Amoomo en Henry Shimutwikeni verteenwoordig, terwyl mnre. Thabang Phatela en Slysken Makando namens die respondente opgetree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie