8 000 bale gras vir boere in nood
Ronelle Rademeyer – Minstens 8 000 bale gras is reeds aan kommunale en kommersiële boere in die dorre noodwestelike dele geskenk, terwyl vervoer beskikbaar is om nog 40 000 bale gras te versprei.
Mnr. René Botes van Droogtehulp Namibië sê verskeie vervoerondernemings het hul dienste gratis aangebied.
“Ons kan 30 vragte gras na die erg droë dele in die land versprei, maar kan dit nie doen as ons nie gras kry nie.”
Botes sê die nood onder kommunale boere in die verre Noordweste en ook suid daarvan tot by die Spitzkoppe is baie hoog. Daar is ook kommersiële veeboere in hierdie gebied wat dringende droogtebystand benodig.
“Ons het al 8 000 bale gras ontvang wat afgelewer kon word, maar kort nou dringend nog gras. Ons het vervoer beskikbaar vir minstens 40 000 bale gras,” sê hy.
Buiten die Noordweste, is daar ook plase in die verre Suide waar die nood hoog is, vertel Botes.
Volgens hom het mnr. Poen Brink 600 bale gras geskenk en Phoenix Farming van mnre. Len de Jager en Johnnie Hamman 1 100 bale gras. “Kiep Lepen het ook vir ons 500 bale gegee en Danie Botes het 2 000 geskenk.”
Hy sê die vervoerondernemings wat hul dienste gratis aangebied, is CIC, Epic Transport en Grootfontein Tractors & Implements.
“Mnr. Robert de Villiers van African Personnel Services (APS) het vir ons arbeidsdienste geborg, terwyl Build It op Otjiwarongo ’n vrag gras na boere by Kamanjab geneem het. Talle kontantskenkings vir gras is ook ontvang,” vertel Botes.
Instansies en individue wat aan Droogtehulp Namibië gras wil skenk, kan Botes by 081 122 0356 bel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie