8 000 vragvliegtuie nodig vir entstowwe
Lande is gemaan om nou al te beplan vir die vervoer en verspreiding van die Covid-19-entstof.
Ronelle Rademeyer - Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het gemaan meer as 8 000 Boeing 747-vragvliegtuie sal nodig wees om seker te maak een dosis Covid-19-entstof word aan al 7,8 miljard mense in die wêreld verskaf.
Die vereniging sê in ’n verklaring lande moet nóú al begin met hul beplanning om die entstof veilig te versprei en afgelewer te kry omdat die hele wêreld op hete kole sit en wag dat dit beskikbaar word.
"Om die entstof veilig aan lande af te lewer sal seker die sending van die eeu wees, maar dit sal nie sonder fyn beplanning kan gebeur nie. Dis nóú die tyd om te begin beplan," sê mnr. Alexandre de Juniac, direkteur-generaal en uitvoerende hoof.
“Ons doen 'n beroep op regerings om die leiding te neem om samewerking in die logistieke ketting te vergemaklik, sodat die fasiliteite, veiligheidsreëlings en grensprosesse gereed is vir die reusagtige en komplekse taak wat voorlê, ” sê hy.
“Om miljarde dosisse entstof doeltreffend aan die hele wêreld te lewer, hou baie ingewikkelde logistieke en programmatiese struikelblokke reg langs die verskaffingsketting in. Ons sien daarna uit om met die regering, entstofvervaardigers en logistieke vennote saam te werk om die doeltreffende, wêreldwye implementering van 'n veilige en bekostigbare Covid-19-entstof te verseker,” sê dr. Seth Berkley, uitvoerende hoof van Gavi, die Entstof Alliansie.
Hy sê entstowwe moet hanteer en vervoer word in ooreenstemming met internasionale regulatoriese vereistes, by gekontroleerde temperature en sonder versuim om die kwaliteit van die produk te verseker. “Alhoewel daar nog baie onbekendes is (onder meer aantal dosisse, temperatuurgevoeligheid en vervaardigingslokale), is dit duidelik dat die omvang van die aktiwiteit groot sal wees, dat kouekettingfasiliteite benodig sal word en dat aflewering na elke uithoek van die planeet nodig sal wees.”
Prioriteite vir die voorbereiding van fasiliteite vir hierdie verspreiding sluit in:
· Beskikbaarheid van temperatuurbeheerde fasiliteite en toerusting;
· Beskikbaarheid van personeel wat opgelei is om tyd- en temperatuurgevoelige entstowwe te hanteer; en
· Robuuste moniteringsfunksies om die integriteit van die entstowwe te verseker.
Verder moet reëlings getref word om te verseker dat die vervoer veilig is en entstowwe nie gesteel of daarmee gepeuter word nie.
Iata sê vir die lugvaartbedryf om doeltreffend saam te werk met gesondheids- en doeane-owerhede, is dit noodsaaklik om betyds regulatoriese goedkeurings, voldoende veiligheidsmaatreëls, toepaslike hantering en inklaring te verseker. Dit kan 'n besondere uitdaging wees, aangesien baie regerings as deel van Covid-19-voorkomingsmaatreëls maatreëls ingestel het wat verwerkingstye verhoog.
Dié vereniging sê verder die volgende prioriteite moet aan grensprosesse verleen word: Die bekendstelling van vinnige prosedures vir oorvlug- en landingspermitte vir vliegtuie wat entstof vervoer; Vrystelling van vlugbemanningslede van kwarantynvereistes om te verseker dat vragvoorsieningskettings onderhou word; Ondersteuning van tydelike verkeersregte vir bedrywighede met die Covid-19-entstowwe waar beperkings van toepassing kan wees; Die verwydering van aandklokreëls vir vlugte met die entstof om die mees buigsame wêreldwye netwerkbedrywighede te vergemaklik; Die toekenning van prioriteit by die aankoms van die belangrike vervoer om moontlike temperatuuruitstappies as gevolg van vertragings te voorkom; en Die oorweging van tariefverligting om die beweging van die entstof te vergemaklik.
“Buiten die nodige vervoervoorbereidings en koördinering, moet regerings ook die huidige verminderde vragkapasiteit van die wêreldwye lugvervoerbedryf in ag neem,” sê Iata en gewaarsku dat lugdienste, met die ernstige afswaai in passasiersverkeer, netwerke verklein en baie vliegtuie in langtermynberging geplaas het. Die wêreldwye netwerk van vlugroetes is dramaties verminder vanaf die 24 000 tussenstedelike roetes voor die pandemie, sê die vereniging.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds (Unicef) en Gavi het ernstige probleme met die instandhouding van hul beplande inentingsprogramme tydens die Covid-19-krisis gerapporteer, onder meer as gevolg van beperkte lugverbinding.
“Die potensiële grootte van die aflewering is enorm. Net die verskaffing van 'n enkele dosis aan 7,8 miljard mense sal 8 000 (Boeing) 747-vragvliegtuie vul. Landvervoer sal help, veral in ontwikkelde ekonomieë met plaaslike vervaardigingsvermoë. Maar entstowwe kan nie wêreldwyd afgelewer word sonder die lugvrag wat beduidend gebruik word nie,” sê de Juniac in die verklaring. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie