8 beeste, 5 elande en 5 buffels vir Heldedag geslag
8 beeste, 5 elande en 5 buffels vir Heldedag geslag

8 beeste, 5 elande en 5 buffels vir Heldedag geslag

Ronelle Rademeyer
Otjiwarongo skud sy vere reg vir die viering van Heldedag Maandag en om die verwagte 10 000 besoekers te voed, word agt beeste, vyf elande en vyf buffels geslag.
Nampa berig mnr. Otto Ipinge, goewerneur van die Otjozondjupastreek en voorsitter van die reëlingskomitee, het gesê die ministeries van die omgewing en toerisme en landbou, water en bosbou skenk die slaggoed.
Volgens hom is 2 000 baie belangrike persone (VIP’s) uit die 13 streke genooi, met ‘n totaal van 10 000 mense wat die vieringe na verwagting by die Paresis-stadion op die dorp sal bywoon.
Heldedag herdenk die Slag van Omugulugwombashe, waar die eerste skote tussen Swapo se gewapende vleuel en die Suid-Afrikaanse magte op 26 Augustus 1966 geklap het.

Foto: waterberg-namibia.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!