8 mense in skietvoorval in Frankryk gewond
Agt mense is Sondag in 'n skietery voor 'n moskee in Avignon, Frankryk, gewond.
Twee van die gewondes is ná die skietvoorval na 'n hospitaal geneem. Die mense wat die moskee verlaat het, was glo nie die teiken van die aanval nie.
Die streekkoerant, La Provence, wat eerste oor die voorval verslag gedoen het, sê die polisie beskou “glad nie die voorval as 'n terroriste verwante aanval nie”, maar 'n geskil tussen jeugdiges.
Die koerant het ook ooggetuies aangehaal wat sê dat een van die twee gewapende mans se gesig bedek was. Die skieters het omstreeks 22:30 op die moskee losgebrand terwyl mense uit die moskee gekom het, waarna die aanvallers van die toneel gevlug het.
Vier mense is buite die moskee gewond terwyl 'n gesin van vier in 'n woonstelblok 50 m verder deur skrapnel getref is, berig La Provence.
Die voorval volg nadat 'n man Donderdag in hegtenis geneem is nadat hy probeer het om met sy voertuig in 'n skare voor 'n moskee in Creteil te ry. Niemand is beseer nie. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie