8 vas oor renosterstropery
Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.
Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee renosterkarkasse Dinsdag op 'n plaas in die Gobabis-distrik ontdek.
"Vier verdagtes is Dinsdag op Otjiwarongo met renosterhorings in hul besit in hegtenis geneem. Woensdag het ons nóg vier verdagtes met twee horings in Windhoek vasgetrek," het De Klerk gisteraand aan Republikein gesê.
"Dié horings, 'n vuurwapen en ammunisie is in die huis van 'n bekende kerkman in Kleine Kuppe gevind. Alle aanduidinge is dat drie van die agt verdagtes by die stropery betrokke was."
De Klerk sê vier verdagtes sal vandag in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn en twee môre op Gobabis. Die kerkman en nog 'n verdagte sal môre in die Windhoek-landdroshof verskyn.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie