83 nuwe gevalle, drie sterftes
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het 83 nuwe Coviv-19-gevalle en drie Covid-19-verwante sterftes aangekondig. Die drie sterftes is twee in Windhoek ('n 59-jarige man en 'n 69-jarige vrou) en een in Walvisbaai ('n 30-jarige man). Dit bring die totale getal Covid-19-verwante sterftes vir die land op 106 te staan.
Uit die 83 nuwe gevalle is 44 mans en 39 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 71 jaar oud. Uit die 83 nuwe gevalle is 41 in Windhoek, ses in Walvisbaai, vier in Swakopmund, een elk in onderskeidelik Omaruru en Usakos, sewe in Rehoboth, vyf in Onandjokwe, twee in Tsumeb, drie in Okahandja, een in Okakarara, een in Grootfontein, drie in Oshakati, drie in Eeenhana, twee in Rundu, een elk in onderskeidelik Lüderitz, Katima Mulilo en Gobabis.
Volgens Nangombe het nog 665 mense herstel wat die totaal op 7 358 te staan bring. Uit die 665 wat herstel het, is 475 in Erongo, 155 in Khomas, 12 in Hardap, vyf in Omaheke, drie elk in onderskeidelik Oshana en Ohangwena, twee in //Kharas en sewe in Zambezi.
Uit die 2 437 aktiewe gevalle is 15 baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en vier kritieke gevalle in Erongo en drie baie ernstige en sewe kritieke gevalle in Khomas in.
Tot op hede is 82 317 weefselmonsters getoets, 9 779 kontakte word gemonitor en 1 053 mense is huidig in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie