84 miljoen kyk na presidensiu00eble debat
84 miljoen kyk na presidensiu00eble debat

84 miljoen kyk na presidensiële debat

‘Aanbieder kies kant teen Trump’
Francoise Steynberg
Meer as 80 miljoen mense het vandeesweek voor hul televisiestelle vasgenael gesit om na die geskiedkundige presidensiële debat tussen Hillary Clinton en Donald Trump te kyk.

Dít is ’n rekordgetal kykers – hoër as tydens enige ander tydperk in die 60 jaar wat hierdie debatte op televisie uitgesaai word, berig CNN.

Volgens die Nielsen-peiling het ’n gemiddeld van 84 miljoen mense op 13 kanale na die regstreekse debat gekyk. Miljoene ander het die debat ook op die internet gevolg.

Volgens CNN sluit die 84 miljoen mense wat deur Nielsen getel is, nie diegene in wat die debat by partytjies, in kroeë, restaurante of op kantoor gekyk het of C-SPAN-kykers in nie. Dit beteken dat die juiste aantal kykers moontlik beduidend hoër as 84 miljoen kan wees.

Volgens die Nielsen-peiling was NBC die grootste wenner onder tradi­sionele televisiekanale, met meer as 18 miljoen mense wat op die kanaal ingeskakel het vir die debat.

Dit is moontlik weens die feit dat Lester Holt, aanbieder van die gewildeNBC Nightly News, tydens die debat as moderator opgetree het.

ABC was die naaswenner met 13,5 miljoen kykers, gevolg deur CBS (12,1 miljoen), Fox News (11,4 miljoen), CNN (9,9 miljoen), die Fox Broadcast Network (5,5 miljoen) en MSNBC (4,9 miljoen).

Die debat was ook gewild op Spaanse televisiekanale, met 2,5 miljoen mense wat dit op Univision en 1,8 miljoen wat dit op Telemundo gesien het.

Die vorige rekord vir die hoogste getal mense wat ’n presidensiële debat op TV gevolg het, was in 1980, toe 80,6 miljoen mense na die debat tussen Jimmy Carter en Ronald Reagan gekyk het.

AANBIEDER ONDER SKOOT

Vergeet liewer wie het die eerste debat gewen en vra eerder vrae oor die “derde” debatteerder: die aanbieder Lester Holt.

Amerikaanse ontleders het gister gesê Holt van NBC News het duidelik teen Trump kant gekies.

Holt het byvoorbeeld nie vrae aan Clinton gestel oor haar omstrede e-posse, die Benghazi-voorval of die Clinton-stigting nie.

Hy het wel vir Trump bykans onder kruisverhoor geneem oor:

- Die beleid van “stop en deursoek” wat in New York gegeld het teen die dra van wapens;

- pres. Barack Obama se geboortesertifikaat;

- sy opmerkings oor vroue;

- sy talle bankrotskappe;

- waarom hy nog nie sy belastingstate beskikbaar gestel het nie; en

- wat Trump bedoel het toe hy gesê het Clinton het nie ’n “presidensiële voorkoms” nie.

Die gehoor is gevra om stil te bly, maar Holt het hulle toegelaat om te reageer . . . maar stilgemaak toe hulle gejuig het op ’n uitlating van Trump oor Clinton se e-posse.

Holt het Trump 30 keer in die rede geval (Clinton het Trump 17 keer in die rede geval).

Holt het Clinton net 19 keer in die rede geval (en Trump het haar 51 keer onderbreek).

DIE WARE WENNER?

Wie uiteindelik die debat gewen het, hang af van wie jy vra.

CNN (oftewel die Clinton News Network soos Trump-ondersteuners dit noem) meen Clinton het Trump die loef afgesteek, terwyl Fox News reken Trump het die vloer met Clinton gevee “ondanks media-samespanning vir Clinton”. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!