84 werkers se toekoms nog steeds duister
84 werkers se toekoms nog steeds duister

84 werkers se toekoms nog steeds duister

Tien jaar sonder permanente poste
Enzo Amuele
Enzo Amuele op Grootfontein – Otjozondjupa se streekgoewerneur, mnr. James Uerikua, en die bestuur van die munisipaliteit op Grootfontein het Maandag met 'n groep openbare-private-vennootskappe in stedelike omgewings (PPPUE) vergader om die beëindiging van hul kontrakte te bespreek.

Die beraadslaging is gedoen om 'n oplossing te identifiseer wat die PPPEU-kontrakwerkers tevrede sou stel. Dít volg nadat die munisipaliteit op 9 September 'n brief aan dié werkers gestuur het om hul dienste te beëindig nadat hulle feitlik tien jaar lank sonder permanente aanstellings gewerk het.

Volgens die burgemeester van Grootfontein, me. Lovisa Iyambo, het amptenare van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling 'n ouditverslag van 2019 ingedien, wat wanbestuur in die raad aan die lig gebring het.

Sy het gesê die munisipaliteit het 54 algemene werkers en 84 mense met wie hulle nie 'n kontrak het nie, en daar is aanbeveel dat die PPPUE-kontrakte beëindig word. Die verslag maak verskeie aanbevelings, insluitend die vermindering van werknemers se behuisings- en motortoelae.

“Gevolglik sal ons al hierdie aanbevelings een vir een implementeer totdat ons ál die aanbevelings van die ouditverslag aangeneem het,” het sy verduidelik.

Die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, mnr. Kisco Sinvula, het gesê hulle hanteer tans 'n kontrak wat bepaal dat hulle van selfstandige kontrakteurs se dienste gebruik moet maak.

“Dis jammer dat hierdie kontrakte etlike jare toegelaat is en nié nagekom is nie. Ons, die bestuur, erken dit is onmenslik om iemand N$650 te betaal – en dit gaan al vir 'n paar jaar onwettig aan. Dít is hoe ons die stelsel ontdek het, en ons wil dit regstel,” het hy gesê.

Hy sê hulle volg bloot die ministerie se aanbevelings op grond van die verslag se bevinding dat hierdie kontrakte onwettig is. Die goewerneur het al die vorige bestuur gekritiseer vir die wanbestuur van die instelling. Hy het gesê as leier van die streek sal hy die kwessie hanteer en nié sy mense laat ly nie.

“Ek sal nie toelaat dat my mense ly nie. Ek sal die gepaste instellings so gou as moontlik raadpleeg, en ons sal leiding gee en die Grootfontein-bestuur raadpleeg,” het Uerikua gesê.

Hy het die PPPUE ook gevra om nie politieke pionne te word nie, en het aangevoer dié is 'n politiese poging om die bestaande administrasie te destabiliseer.

Volgens mnr. Evalistus Kaaronda van die Namibiese Nasionale Arbeidsorganisasie (Nanlo) is die munisipaliteit egter verkeerd om hierdie personeel as kontrakwerkers te klassifiseer, omdat die Arbeidswet – kragtens artikel 128 c – hulle as tydelike werknemers identifiseer.

Kaaronda het versoek dat die briewe wat die kontrakte beëindig teruggehou word terwyl die goewerneur met die dorpsraad beraadslaag oor hoe om dié gesprek daarsonder te voer.

Die saak is ook na die arbeidskommissie verwys.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!