86 dood in stryd om weiding in Nigerië

Geskiedenis van geweld
Ekstremisme is een van die redes vir spanning in die sentrale deel, omdat beeswagters gedwing word om meer suid – in die boerderygemeenskappe in – te beweeg op soek na veilige weiding vir hul vee.

Minstens 86 mense is Sondag dood en ses beseer toe geweld tussen boere en beeswagters in Nigerië uitgebreek het, berig die BBC.

Die slagting het al Donderdag begin toe Berom-boere glo Fulani-wagters aangeval en vyf vermoor het.

Sondag het die konfrontasie in die sentrale staat Plateau hervat en die dodetal skerp laat styg.

Undie Adie, kommissaris van die staatspolisie, sê 50 huise, 15 motorfietse en twee ander voertuie is uitgebrand.

ETNIESE GROEPE

Volgens die BBC is daar ’n geskiedenis van geweld in dié gebied waar etniese groepe om grond meeding.

Volgens Time.com was die botsings tussen Christenboere en Moslem-beeswagters.

Die stryd tussen dié boere en veewagters is soms selfs dodeliker as dié van Nigerië se ekstremistiese groep Boko Haram wat meestal verantwoordelik is vir aanvalle in die noordoostelike dele van die land.

Ekstremisme is een van die redes vir spanning in die sentrale deel, omdat beeswagters gedwing word om meer suid – in die boerderygemeenskappe in – te beweeg op soek na veilige weiding vir hul vee.

Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië het Sondag gevra vir kalmte terwyl die weermag en die polisie probeer het om die slagting te stop. Hy het ook gesê die polisie sal hul bes doen om die aanvallers vas te trek en nog aanvalle te verhoed. –Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!