9 bergklimmers in Himalajas dood
Die lyke van nege bergklimmers is op ’n bergpiek in die Himalajas, Nepal, gevind en van die berg verwyder. Die klimmers is dood is toe ’n hewige sneeustorm hul kamp Vrydag getref het.
Die vyf Suid-Koreane en vier gidse van Nepal se lyke is verstrooid gevind by die basiskamp naby die berg Gurja waar hulle oorgebly het. Die piek van dié berg is 7 193 meter hoog, berig die BBC.
Die klimmers het onder meer gebreekte bene en kopbeserings in die sneeustorm opgedoen. Dit is die ergste klimongeluk in Nepal in twee jaar.
Pogings om die lyke Saterdag te verwyder, is deur die sterk wind in die wiele gery en reddingswerkers in ’n helikopter kon eers die volgende dag met die operasie begin.
Suraj Paduyal, ’n reddingswerker, het aan AFP gesê dit lyk asof “gletserys en sneeu van hoog op teen die berg geval het en die sterk wind het die klimmers afgewaai”.
KAMP VERNIETIG
’n Amptenaar van die Myagdi-distrik het aan die BBC gesê die kamp is heeltemal vernietig.
“Ons neem aan die kamp is op ’n hoër hoogte gemaak as gewoonlik, maar ons sal ’n deeglike ondersoek doen na wat presies gebeur het.”
News.com.au berig familielede en vriende het gehuil toe die lyke uit die helikopters gehaal is toe dit by ’n hospitaal in Kathmandoe geland het.
Wangchu Sherpa, van Trekking Camp Nepal, wat die ekspedisie gereël het, sê daar is eers Saterdagoggend alarm gemaak toe die span vir meer as 24 uur nie kontak met die buitewêreld gemaak het nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie