9 lede van Al-Sjabaab doodgeskiet
Die Mosambiekse polisie het nege Moslem-ekstremiste in die noorde van die land doodgeskiet nadat tien mense verlede week onthoof is.
'n Polisielid het hulle as “insurgente” bestempel, berig AFP.
Lede van die ekstremistiese groep Al-Sjabaab het verlede Sondag twee gehuggies naby die grens met Tanzanië in die provinsie Cabo Delgado aangeval en tien inwoners vermoor.
Die groep het in Oktober beheer oorgeneem van die dorp Mocimboa da Praia in dieselfde provinsie.
Meer as 300 mense wat moontlik bande met hulle het, is sedertdien in hegtenis geneem.
Volgens 'n polisielid waarmee die staatsbeheerde TVM-TV-diens 'n onderhoud gevoer het, sê twee mans is eers die naweek doodgeskiet toe hulle nog 'n dorpie wou aanval. Die ander sewe is daarna in 'n opvolgoperasie doodgeskiet.
Aanvalsgewere en Arabiese dokumente is by hulle gevind.
Armoede en mense se gevoel dat hulle in die steek gelaat is, maak die afgeleë noorde van Mosambiek 'n vrugbare teelaarde vir ekstremisme.
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie