91-jarige Nujoma ontslaan ná Covid-diagnose
President Hage Geingob het bevestig dat oudpres. Sam Nujoma weer uit die hospitaal ontslaan is.
Hy is glo reeds gister ontslaan nadat hy die afgelope Sondag opgeneem is toe hy positief vir Covid-19 getoets het. Geingob sê egter Nujoma se behandeling was suksesvol.
Die president het ook gesê hy het Nujoma twee keer in die hospitaal besoek en kan bevestig dat die 91-jarige nooit in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is nie - ongeag bespiegelinge hieroor.
Geingob het Namibiërs bedank vir hul goeie wense en ondersteuning tydens Nujoma se hospitalisasie en het 'n versoek gerig dat Nujoma en sy familie in die moeilike tyd privaatheid gegun word.
Dit volg nadat Nujoma se private dokter, dr. Tshali Iithete, bevestig het een van Nujoma se sekuriteitspersoneellede is verlede week aan Covid-19 dood. Hy het gevolglik 'n versoek vir massatoetsing aan dié man se kontakte gerig. Nujoma en ses van sy personeellede het positief getoets en die oudpresident is by die Mediclinic in Windhoek opgeneem.
Iithete het gesê Nujoma is net as 'n voorsorgmaatreël in die hospitaal opgeneem – vanweë sy hoë ouderdom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie