94ste Oscars in Namibië se visier
Namibiese films word uitgenooi om in te skryf om uiteindelik in die internasionale speelfilm- en/of dokumentêre kategorie mee te ding.
Die Akademie vir Rolprentkuns en Wetenskap het die Namibiese Filmkommissie (NFC) verlede maand toestemming gegee om 'n keurkomitee van agt Namibiese inhoudskeppers en filmmakers aan te stel voor die 2022 Academy Awards, ofte wel die Oscars.
Dié komitee aanvaar nou Namibiese benoemings vir die 94ste Oscar-toekenningsgeleentheid, wat in Maart volgende jaar in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, aangebied sal word.
Namibiese films word uitgenooi om in te skryf om uiteindelik in die internasionale speelfilm- en/of dokumentêre kategorie mee te ding.
Die sperdatum vir plaaslike inskrywings is 15 Oktober om 17:00. Die Namibia International Feature Film Awards-keurkomitee sal een rolprent kies as die land se amptelike inskrywing in die bogenoemde kategorieë.
Dié verwikkeling word deur die NFC as 'n nuwe en opwindende fase in die Namibiese rolprentbedryf beskryf.
“Hierdie geleentheid maak nuwe deure vir Namibiese films oop, en inspireer alle rolprentmakers om na uitnemendheid te streef en binne die internasionale rolprentgemeenskap mee te ding en hul werk en kuns moontlik die erkenning te laat kry wat dit verdien,” lui 'n mediaverklaring wat die NFC Maandag uitgereik het.
STEL JOU DIE OOMBLIK VOOR
“Boonop maak ons nie net films meer vir onsself – ons plaaslike en kontinentale gemeenskap – nie. Daar is nou 'n moontlikheid om ons verhale op die wêreldwye verhoog te vertel.”
Die Oscars is nie net 'n simbool van uitnemendheid nie, maar word deur die internasionale rolprentgemeenskap as die hoogste filmprestasie erken.
Namibië het moontlik nie vanjaar of selfs volgende jaar 'n film om in te skryf nie, maar elke rolprentmaker het die geleentheid om 'n oomblik voor te stel waar hulle erkenning vir hul harde werk kan ontvang en saam met rolprente vanoor die hele wêreld deur hul eweknieë waardeer kan word, het die kommissie gesê.
– [email protected]
FOTO’s
Namibiese rolprente soos 'Hairareb' en 'The White Line' is onderskeidelik in 2019 en 2020 uitgereik. Foto's Facebook (Namibia Film Commission)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie